Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk, uitvoerende hoof van SpaceX, het gesê indien alles volgens plan verloop, sal daar binne nege jaar persone op Mars wees.
Musk het Woensdag tydens die Code Conference in Kalifornië gesê die maatskappy beplan om mense in 2024 te stuur, en hulle sal na verwagting dan in 2025 by Mars aankom.
Musk beplan om self binne die volgende vier of vyf jaar ʼn ruimtereis te onderneem, maar wil slegs in ʼn wentelbaan om die aarde beweeg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
Ek hoop JZ is een van die 9 met ‘n eenrigting kaartjie.
Hou op om die mense te mislei want julle kan nie eens maan toe gaan nie.
..bemande sendings is onmoontlik verder as die 345 myl…
Mens MOET homself besighou, KENNIS is mag. Perke is daar ook. Glo daar is mense wat nooit so sal wil bly op mars, nee dankie.
Vir enigiemand wat regtig nog twyfel of die Apollo 11 maanlanding plaasgevind is, gaan lees gerus hierso:
http://www.badastronomy.com/bad/tv/foxapollo.html
Dit is ‘n uitstekende uiteensetting van al die “foute” wat mense optel om te glo dis gefabriseer. Phil Plait is ‘n sterrekundige en bespreek die “hoax” goed. As julle nie van die bron hou nie, glo my – dis een uit duisende wat deur wetenskaplikes geskryf is wat tot dieselfde gevolgtrekking kom.