Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.
Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Volvo se luukse XC90, oor Volkswagen se splinternuwe lid in die sportnutsfamilie – die T-Cross, Peugeot SA is terug om te bly en vir tweewiele is dit oud teenoor nuut met Suzuki se GSXR750.