Terwyl die wêreld met ontsag kennis neem van die lansering van Space X se reuse-Falcon Heavy, het Japan daarin geslaag om ’n satelliet met die kleinste vuurpyl gelanseer te kry.
Dié vuurpyl, wat ’n satelliet van drie kilogram gedra het, is ongeveer tien meter hoog en 50 cm in deursnee.
Die satelliet is gebou met onderdele wat normaalweg in ’n slimfoon gekry kan word, en het ten doel om die koste van vuurpyle te verminder, wat kan voldoen aan die groterwordende vraag na die lansering van mikro-satelliete.
In teenstelling met die klein Japannese vuurpyl, is die Falcon Heavy – die samevoeging van drie Falcon 9’s – die tweede grootste vuurpyl wat die aarde nóg verlaat het. Dit staan 70 meter hoog. Slegs die Apollo-vuurpyle wat met die maanlandings gebruik is, was groter.
Die Falcon Heavy kan ’n vrag van 64 ton die ruimte in dra. Dit is veel meer as die 24 ton wat die uitgediende pendeltuie kon dra.
Nee, ek moet stry. Daai goed wat hulle oujaarsaand naby my huis afgevuur het moes groter gewees het!!
Die pendeltuig was n ramp vir ruimtevaart…duur en het maar min reg gekry, ten minste kon nasa darem die ruimte toilet ontwerp verbeter en hul belaglike maanbasis uitdroom…dankie vir mense soos Elon wat ons vorentoe neem!