Die Afrikaanse sanger Dewald Wasserfall het onlangs vir die eerste keer pa geword.
Die sanger se agent, Jenny Griesel, het die nuus aan Maroela Media bevestig.
Griesel sê Wasserfall se vrou, Anél, en hul babaseuntjie is gesond en buite gevaar.
“Dit gaan baie goed met Anél en met hul babatjie, en hulle almal is in die wolke. Die gesin wil egter nie in dié stadium meer inligting bekend maak nie.”
Wasserfall het vroeër aan Rapport gesê hy kan nie wag om pa te word nie. “Ek sien so uit daarna om ervaring en kennis met my kind te deel, maar terselfdertyd is ek ook maar bang – dis ʼn groot verantwoordelikheid.”
Die sanger se jongste album, Jy is die storm, het ook onlangs goue status bereik.
Lees meer oor Dewald se jongste album op Maroela Media.