Babanuus vir nóg ʼn Bok

Malcolm Marx gaan weer pa word. (Foto: Kirsten Marx/Instagram)

Springbok-haker Malcolm Marx en sy vrou, Kirsten, verwag ʼn tweede pienkvoet.

“Baba Marx, Junie 2024. Ons kan nie wag vir ons kosbare babaseuntjie nie,” het die egpaar op Instagram bekendgemaak.

Hulle is reeds die ouers van ʼn dogtertjie, Kenna Anne, wat hulle in 2022 verwelkom het.

Rachel Kolisi en Marise Pollard het onder meer die egpaar gelukgewens.

“Dit is die beste nuus! Geluk!” het Rachel se boodskap gelui, terwyl Marise geskryf het dat sy “nie kan wag nie”.

Marx is deel van ʼn string Springbokke wat dié jaar babanuus gedeel het. Ander spelers wat ook binnekort pa gaan word, sluit in Handré Pollard en Eben Etzebeth.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.