Die sanger, Pieter Smith en sy vrou, Yolandi, het Donderdag vir die eerste keer ouers van ʼn gesonde babadogtertjie geword.
Die sanger het die nuus op sy Facebook-blad met aanhangers gedeel. “Klein Alexei is gebore, en Mamma en baba is albei gesond,” het hy laat hoor.
Pieter (41) het voorheen aan Maroela Media vertel “wysheid kom met grysheid” en dat hy en sy vrou, wat 34 is, nou in ʼn ouderdomsfase is waar hulle baie vir hul dogtertjie kan leer. “Ek het al so ʼn paar dinge in die lewe gesien en beleef en ek dink ek kan my dogtertjie daarvan leer. Ek is in elk geval nog baie jonk van gees,” het hy geskerts.
Hy sê as daar een ding is wat sy dogtertjie móét leer, is dit maniere. “Ek wil hê sy moet leer soos ons geleer het. Dat dinge nie maklik kom nie en dat mens altyd maniere moet hê en ordentlik moet wees.”
Die egpaar is einde 2015 getroud.
Baie geluk, glo julle gaan al die vreugde van ouerskap beleef.
Baie geluk, mag sy vir julle baie vreugde bring. Geniet elke oomblik saam met haar, hulle word so gou groot.