Prinses Charlene van Monaco het foto’s gedeel van haar tweeling se “eerste skooldag” en sosialemediagebruikers is dol daaroor.
Gabriella Thérèse Marie en Jacques Honoré Rainier is op 10 Desember 2014 gebore. Gabriella is twee minute voor haar broer in die Prinses Grace-hospitaal gebore.
Charlene (40) deel gereeld foto’s van die skattige tweeling op Instagram waar sy amper 80 000 volgelinge het.
Charlene het in ʼn onderhoud met die Franse publikasie Point de Vue gesê Jacques is terughoudend en hoewel hy selfversekerd is, kyk hy eers die kat uit die boom en vat sy tyd wanneer hy iets doen. Gabriella is weer bang vir niks nie en dit is altyd volstoom vorentoe. Volgens Charlene is die twee onafskeidbaar.
Jacques is die amptelike troonopvolger vir sy pa, prins Albert (60), terwyl sy suster as die gravin van Carladès bekend sal staan. Charlene is in Zimbabwe gebore, maar het in Suid-Afrika grootgeword en was ’n Olimpiese swemmer vir die land. Sy en prins Albert is in Julie 2011 getroud.
Ek beny sulke pragtige kindertjies, maar ek gun hulle vir die ouers. Mag Goedheid en Guns hulle volg al die dae van hulle lewe.
https://www.youtube.com/watch?v=z06FsV_jCtc