Die Springbok Siya Kolisi (26) en sy vrou, Rachel (27), het weer ouers geword.
Kolisi het dié nuus op sosiale media gedeel. “Ek is dankbaar,” het die gewilde Springbokflank op Instagram geskryf.
Die egpaar se pienkvoet is die afgelope naweek gebore. Rachel het egter eers Maandag ʼn foto van hul kleinding, wie se naam nog nie bekend is nie, op sosiale media gedeel.
Kolisi het homself die laaste week of twee weens “gesinsverpligtinge” van die veld af gehou. Hy het onder meer die Springbokke se toets in Padova teen Italië die afgelope Saterdag misgeloop. Hy sal na verwagting egter dié naweek weer op die veld uitdraf.
Siya en Rachel se oudste kind, Nicholas, is vanjaar twee jaar oud. Hulle is in Augustus verlede jaar, ná ʼn verhouding van vier jaar, op die Molenvliet-wynlandgoed in Stellenbosch getroud.
Baie bly vir hulle !