Hier is die sexyste man ter wêreld

Die “All of Me”-sanger, John Legend (40), is pas as People-tydskrif se sexyste man ter wêreld aangewys.

Behalwe dat Legend een van die min mense is wat dit kon regkry om ʼn Oscar, ʼn Tony, ʼn Grammy én ʼn Emmy te wen, kan hy nou ook die titel van sexyste man ter wêreld dra.

“Ek was opgewonde, maar terselfdertyd ʼn bietjie bang, dis baie druk,” het Legend aan People gesê.

“Almal gaan my nou uitmekaar haal om te sien of ek sexy genoeg is om die titel te dra. Ek volg ook Idris Elba op, wat dit nie baie maklik vir my maak nie!”

Legend is getroud met die model Chrissy Teigen (33) en hulle het saam twee kinders, Luna (3) en Miles (1).

John saam met sy gesin (Foto: Instagram)

Teigen het op haar beurt geskerts dat haar drome waar geword het toe haar man dié titel gekry het.

“My geheim is uit. Ek het my droom om saam met People se sexyste man ter wêreld te slaap vervul. Wat ʼn eer!” het sy op Twitter geskryf.

Vorige mans wat dié titel gedra het was onder andere David Beckham, Mel Gibson, Bradley Cooper, Dwayne Johnson, Brad Pitt, Tom Cruise, Johnny Depp en George Clooney.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Catz ·

They got it all wrong! Jason Momoa is…………………ask the ladies…

Nika ·

Ek stem 100% saam met jou, hy kan maar sy pantoffeltjies onder my bed kom inskuif enige tyd!

Lyla ·

Nope! Google bietjie die Turkse akteurs Kivanc Tatlitug of Burak Ozcivit. Dáár’s nou vir jou sexy mans.

Spikkels ·

Stem hier met jou saam oor Kivanc Tatlitug baie sexier as John Legend wat hul nou aangekondig het

Lee ·

Gelukkig verskil smaak.
Mense soos Paul Walker, Ian Somerhalder, Tyler Hoechlin, Hayden Christensen, Tom welling (Smalville) vind ek aantreklik, maar sien geen aantreklikheid in john of aquaman nie

Renà ·

Neeee…gits. gee maar Aquaman vir hierdie tannie. Even Hannon is mooier as die vent.

Marinda ·

Nee, nee julle het dit verkeerd dit is beslis: Ian Somerhalder alias Damon Salvatore – google gerus hy het alles…..

JohanR ·

Ek wag nou vir Bobby van Jaarsveld om hierdie berig heuwig van te verskil!

Annelize ·

Bly as hy die sexyste man is. Gelukkig verskil mense se smaak. Ek as persoon dink nie hys mooi nie. Weet nie op watse grond is hy gekies nie. Looks of persoonlikheid.

Mariska ·

Kemal van Bittersoet en Chian van Gebroke harte is ver sexier as die ou , ver ver…

Stefanie Tredoux-Malian ·

John Legend het nie voor in die ry gestaan toe looks uitgedeel is nie. Die beoordelaars was les bes moontlik gewyn

Potjie ·

Hyt dan nie eers kuite nie. Mooi gespierde bene dra by tot sexy wees. En hyt maar n regte babyface. Nee wat gn niks sexy aan hom nie.

Potjie ·

Hyt dan nie eers kuite nie. Mooi gespierde bene dra by tot sexy wees. En hyt maar n regte babyface. Nee wat gn niks sexy aan hom nie. Jeffrey Dean Morgan is n baie sexy man. En hy straal dit baie beslis uit.

Karien ·

Ja-nee, gelukkig verskil smaak, Spikkels het goeie smaak, Aquaman; nee wat, dink nie hy het twee breinselle wat teen mekaar kan stamp nie, om nie van sy geloof waaraan hy behoort te praat nie, so ja, op daardie noot, vat ek eerder n dood gewone ou, met n poepens of de nie en bles of bos hare, maar wat die Here dien en my goed behandel en wat net oë vir my het en natuurlik wat weet hoe om met sy hande te werk en nie vir n boor of hammer kyk asof dit volksvreemd is nie. Mooi vergaan maar deug bly staan.

tant Anna ·

Gmmfff…! Hulle het nog nie, onse 3 boerbull-brand VLEIS manne gesien

Zaks ·

Van vandag af het ek n EXTRA hup in my loop. Im actually hot and sexy. Thanks for the ego boosting appifany!

cant.be ·

nee wat….gelukkig verskil smaak My kop sal nie eers draai as ek hom raak sien in die straat nie

Ben Niemand ·

Daar ‘n gesegde “Beauty is in the eye of the beerholder” of so iets…

BUBBLES ·

stem saam ‘n paar van julle
Burak Ozcivit is 100% perfeksie – goeie aarde , daardie man is sexy verby !

A Mac ·

Wie neem in elke geval die besluit? Ag nee wat, as sexy so lyk dan gaan ek maar liewer vir die gewone.

Jolana ·

Nee wat. Het regtig al baie beter gesien. Glad nie sexy vir my nie!!!

Marina ·

Gelukkig verskil smaak. Daar is baaaie baaie meer aantrekliker mans. Sal nie eers op my lys van 100 wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.