Irene-Louise se gebed-baba is hier

Irene-Louise het dié foto van Kelsey se handjie op sosiale media gedeel. (Foto: Instagram)

Irene-Louise van Wyk het Woensdag gesê sy voel “sterk” ʼn dag nadat haar en haar man, Nicholas, se babadogtertjie, Kelsey, gebore is.

Kelsey is Dinsdagmiddag deur middel van ʼn keisersnee gebore. Irene-Louise het die nuus aangekondig met ʼn foto van Kelsey se hand in hare en het onderaan die foto geskryf sy voel “behep” met haar baba. Vroeër vandag het Irene-Louise ʼn foto van haar gedeel in die hospitaalbed met haar vuis byna triomfantelik in die lug terwyl baba Kelsey toegewikkel in ʼn pienk kombersie in haar arm slaap.

Gelukwensings het op sosiale media ingestroom vir die “Iziiit”-sangeres.

Irene-Louise het vroeër aan Maroela Media verklap dat sy baie uitsien na Kelsey se geboorte aangesien sy ʼn moeilike swangerskap gehad het. “Ek het nie ʼn baie lekker swangerskap gehad nie; ek was baie siek en het deur baie persoonlike trauma gegaan deur die hele ding,” het sy gesê.

Sy het ook vertel die naam Kelsey het so moeiteloos gekom dat dit net gevoel het of hul dogtertjie se naam altyd bedoel was om Kelsey te wees. Die naam is nie ʼn familienaam of ʼn samevoeging van enige familiename nie, maar bloot net ʼn naam waaroor sy en Nicolas albei mal was.

Irene-Louise en haar man, Nicholas du Preez, is in September verlede jaar buite Pretoria op die Galagos-landgoed getroud.

“Ek en my man is so opgewonde dat ons ʼn dogtertjie kry,” het Irene-Louise verlede week gesê. “Ons het so gebid vir haar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Kyk daai mooi handjies!!!
Lyk of sy met ‘n manikuur gebore is.
Gelukkige meisiekind.
Baie geluk julle.

Essa ·

Welkom klein Kelsey; baie geluk Irene-Louise en Nicholas. Maak haar mooi groot.

Elize ·

Irene-Louise baie geluk met julle meisiekind, mag sy vir julle baie vreugde bring. Hoop dat sy jou spontane geaardheid geerf het.

Gesiggie ·

Baie geluk… Irene- Louise en Nicolas… mag sy aan jul baie vreugde gee, geniet elke oomblik, wens Ouma Irene kon die spesiale dag met jul deel…,sy sou beslis vir klein Kelsey gesing het. Ek luister nou nog na haar musiek , sy kon baie mooi sing.

Zettie ·

Welkom in die wêreld kleinding. Ek weet sommer jy gaan vreeslik bederf word! ♥

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.