Meghan en Harry deel eerste foto van Lilibet

Lilibet Mountbatten-Windsor. (Foto: Misan Harriman/Instagram) 

Prins Harry en Meghan Markle, die hertog en hertogin van Sussex, het uiteindelik ʼn foto van hul dogter, Lilibet Mountbatten-Windsor, gedeel ter viering van haar eerste verjaarsdag.

Die foto is deur Misan Harriman geneem en op haar eie Instagram-profiel gedeel omdat die hertog en hertogin nie meer sosialemediaprofiele het nie.

In die foto sit die kleinding op die grasperk van haar ouers se huis in Brittanje, Frogmore Cottage, tydens haar verjaardagpartytjie.

Klein Lilibet –  wat vernoem is na koningin Elizabeth II se troetelnaam – het ʼn poeierblou rok en kopband in haar rooi hare vir die partytjie gedra.

Dié intieme geleentheid is vermoedelik deur prins Harry se niggie, Zara Tindall, en haar man, Mike Tindall, bygewoon. Die hertog se broer, prins William, en sy gesin was in Wallis om verrigtinge ter viering van die koningin se platinum-jubileum by te woon.

Prins Harry en Meghan – wat in 2019 finaal van hul koninklike pligte afstand gedoen het – het hul kinders, Lilibet en driejarige Archie, saamgeneem Brittanje toe om vieringe vir die koningin se 70ste jaar op die troon by te woon.

Dit was hul eerste openbare verskyning in Brittanje in twee jaar en die eerste keer dat Lilibet haar oumagrootjie ontmoet het.

Bron: Vogue

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johanna ·

Al te fraai. Vir my lyk sy nogal na die Koningin.. ek sal baie graag baba fotos van Diana, Harry en die Koningin wou vergrlyk met die baba dogtertjie. Was daar al ooit n foto van die ouer Boetie.. as daar was het ek dit gemis..

piet ·

Baie fotos. Google net iets soos “Prince Harry children”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.