Meghan verklap wanneer baba kom

Meghan gesesl met ander swanger vroue (Foto: Instagram via Kensington Royals)

Prins Harry en Meghan Markle het onlangs verklap wanneer hul eersteling na verwagting gebore gaan word.

Die hertog en hertogin van Sussex was tot dusver stil oor wanneer hul kind gebore gaan word en hoe ver Meghan swanger is.

The Telegraph het berig dat Markle dié nuus laat glip het tydens ʼn besoek aan Birkenhead naby Liverpool. Sy het met ander swanger vroue oor swangerskap en babas gesels toe sy gesê het dat sy tans ses maande swanger is en dat haar baba aan die einde van April of aan die begin van Mei sy of haar opwagting sal maak.

Meghan by die diereskuiling (Foto: Instagram via Kensington Royals)

Markle het ook gesê sy en Harry wil nie weet wat die geslag van die baba is nie.

“Ons weet nie [wat die geslag van die baba is nie]. Ons wil dit ʼn geheim hou, watter een ons ook al kry; ons sal in die wolke wees,” het Markle gesê.

Sosiale media was ook vandeesweek aan die gons oor die hertogin nadat sy ʼn besoek aan die Mayhew-diereskuiling gebring het, en ʼn vrou haar daar ʼn “vet vrou” genoem het. Markle het dit wel nie sleg opgeneem nie, maar net aan haar swanger maag gevat en gelag. Daar word ook verder bespiegel dat sy moontlik ʼn tweeling verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anoniem ·

Daai magie sit bietjie hoog vir ‘n 6 maande swangerskap, veral as mens in ag neem sy is nie oorgewig nie.

Robert ·

Daar is vrouens by wie jy skaars kan sien hulle swanger (niks met vet wees te doen nie) en dan is hulle amper op kraam datum. Almal verskil van mekaaren die boeke en fotos is net riglyne.

Nettie ·

Lyk vir my meer na ‘n 24 weke swangerskap daai. So net-net ses maande. My Ma was 36 weke swanger met my voor sy vir “Ouma en Oupa” vertel het dat hulle ‘n kleinkind ryker gaan word. Sy het so éffens gewig aangesit en sy was baie maer!

Megan & Harry Fan ·

Tog so wonderlik as mense kla oor sekere bekendes maar tog lees hul die stories. Bly maar eerder stil want daar is mense daar buite wat graag van hulle wil hoor. Ek is definitief een van hulle.

Magaretha van heerden ·

Interessant hoe die Suid Afrikaners belang stel in Markel se stories en in England is sy glad nie gewild nie.

Gert ·

Ek stem, Ek het sopas ‘n kommentaar geplaas. Kom ons kyk. Terloops dis die eerste keer dat ek op ‘n berig van hul klik. Pa, ma, voorouers se gene?

Chris ·

Gaan die kleintjie na die pa, ma lyk en gaan dit trekke van die grootouers hê?

wonder maar net ·

Wonder oor presies dieselde. Dalk grootmoeder aan moederskant?

Chris ·

Die wat so belangstel in die kleintjie, maar wie stel dan nou nie belang nie, sal maar moet wag en sien.

Chris ·

Dalk word ons verras en is dit ‘n seun, grootoupa Duke uitgeknip.

Chris ·

Baie ….. Hehehehe

As dit ‘n seun is gaan hy gou bles raak, ‘n meisie sal ‘n swartkop met welige woeste hare wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.