Prins Harry, Meghan op pad SA toe

Prins Harry en Meghan Markle, die hertog en hertogin van Sussex.

Ná maande se bespiegeling is dit uiteindelik bevestig dat prins Harry en Meghan Markle, die hertog en hertogin van Sussex, binnekort Suid-Afrika sal besoek.

Nigel Casey, die Britse hoë kommissaris in Suid-Afrika, het Woensdag by ʼn mediageleentheid in Londen bevestig dat die egpaar SA “in herfstyd” sal besoek.

“Dit is wonderlike nuus vir ons en ek voorspel ook wonderlike nuus vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. Ek voorspel ʼn hoed-en-rok-inkopietog wat selfs Sona sal troef en ekonomiese groei heeltemal op sy eie kan herstel,” het Casey geskerts, vermoedelik met verwysing na koninklike aanhangers se gewoonte om Meghan se modestyl na te aap.

Hoewel Casey die kat uit die mou gelaat het oor die koninklikes se besoek, het Buckingham‑paleis nog nie dié nuus bevestig nie. Gewoonlik wag die paleis eers tot die Buitelandse en Statebondskantoor toestemming gee voordat hy koninklikes se reisreëlings bekendmaak.

ITV het reeds vroeër vandeesmaand berig dat Harry en Meghan Afrika later vanjaar sal besoek, wat volgens die publikasie ʼn besoek aan Malawi, Suid-Afrika en Angola sal insluit.

Dit lyk of die egpaar nog altyd ʼn sagte plekkie vir Afrika het. Harry en Meghan het in 2017 tydens die eerste onderhoud ná hul verlowing verklap hulle verhouding het begin toe die twee saam op vakansie in Botswana was.

Markle se verloofring is ook saamgestel uit ʼn steen uit Botswana in die middel, en twee diamante uit prinses Diana se juweleversameling aan albei kante.

Botswana en Namibië is ook genoem in die wye bespiegeling oor waar die egpaar hul wittebrood gehou het, hoewel die werklike bestemming een van die besbewaarde geheime in onlangse koninklike geskiedenis is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Koos ·

Het hulle al visas? Maak dit het so duur soos wat ons moet betaal!!

J ·

Ja want jy kan SA met Engeland vergelyk whahahaha Saffas wil he alles moet dieselfde wees vir toeriste, wat van dat die Britte bietjie al hul geld uit die land trek, dan kyk ons.

Connie ·

Sjoe arme mense hoop hulle bring genoeg wagte saam. Duidelik hulle weet nie wat in SA aangaan nie. Hulle word nog geroof as hulle net hier land.

Mamjuk ·

Mens kan duidelik die Saffa houding sien teenoor buitelanders, maar wil dan met ope arms ontvang word as hul uit daai “land” emigreer, wil die buiteland se hulp he met amper alles, maar wil nie buitelanders ontvang nie. So SA en Saffas, NEE WAT, selfsienkomklaar, bly tuis.Cheers.

Sulet ·

“Herfs” is al verby vir ons. “Binnekort” is dan volgende jaar?

Matts ·

Ag regtig, wie gee nou om. Wat wil hulle nou eintlik hier kom doen?

My mening ·

Die twee arrogante niksdoeners moet bly net waar hulle is. Hulle en hul geselskap gaan net paaie, strate en mense se daaglikse bewegings verontwrig. Strate moet toegemaak word, wat lei tot verkeerophopings en baie ure se frustrasie in lang rye en mense wat ure laat by hul huise en werk kom. Maar wat gee hulle om? Elkeen wil mos vir Afrika kom red en dink ons almal moet hulle voete soen omdat hulle ons die “eer” aandoen om hierheen te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.