Fliekresensie: Geliefde Kersfliek 20 jaar later weer op grootskerm

LOVE ACTUALLY
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐ (8/10)
Met Hugh Grant en Liam Neeson
Regisseur: Richard Curtis
(Slegs in Ster Kinekor-teaters)

Jy het nog nie Love Actually gesien nie? Huh? Of wag, dalk op ʼn klein televisieskerm of selfs ʼn selfoon wat so piepklein soos ʼn toiletstrokie is?

Hierdie klassieke Kersfeesrolprent is vanjaar 20 jaar oud, en as jy tans bedruk is oor die toestand waarin ons geplunderde en wanbestuurde land hom bevind, gun jouself die fliek.

Love Actually gaan oor agt verskillende paartjies, onder meer ʼn kostelike Hugh Grant as die eerste minister van Brittanje, wat mekaar vind, of nie vind nie, verlief raak, Kersfees elk op ʼn ander manier ervaar, en vrolike Kersversierings ophang, in die week voor Kersfees.

Genade, maar dis snaaks, menslike warmhartigheid, barmhartigheid en vrolik-boeiend. As jy dit nog nie gesien het nie, haas jou na die naaste teater waar Love Actually wys en verdrink in die lekkerte van goeie mense wat nog omgee vir hulle medemens en Kersfees in styl vier.

Andrew Lincoln in ‘n ikoniese toneel uit ‘Love Actually’. (Foto: IMDb)

Lag, giggel, raak verstom, raak meegevoer, maar gun jouself Love Actually. Ten sterkste aanbeveel.

Die heruitreiking van Love Actually – slegs vir een week in uitgesoekte Ster Kinekor-teaters.

(8/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.