Fliekresensie: Gemene tieners wys weer naels op grootskerm

MEAN GIRLS
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐ (7/10)
Met Angourie Rice en Reneé Rapp
Regisseurs: Samantha Jayne en Arturo Perez Jr.
(Slegs in teater)

Gehore is al moeg van bitsige tierlantyntjies wat hul oë rol as grootmense praat, daarna met boesems trots vorentoe gestoot in skoolgange afmarsjeer, en bitsige aanmerkings maak. Ai, hulle is so voorspelbaar en, o, so vervelig in hul narsistiese, selfvertroetelende paradys. Al troos is: die ware lewe wag, meisies!

Waarom dan nog die nuwe Mean Girls aanbeveel? Want draaiboekskrywer Tina Fey het ʼn ander aanslag as die vorige Mean Girls-rolprente gebruik, en sy het dit ook op ʼn Broadway-musiekblyspel geskoei. Op dié manier weet ons waaroor die meisies dink, en wat in daardie deurmekaar, verwaande koppies aangaan.

Mean Girls begin wanneer ʼn jong meisie – uit Afrika nogal – uit Kenia, in die VSA beland. Natuurlik probeer sy by die koel groep inpas, maar met ʼn formidabele leier soos die briljante Reneé Rapp as Regina George, het die arme Angourie Rice as Cady nie ʼn kans nie, maar ʼn mens moet die bleeksiel nie vlak kyk nie.

Bebe Wood, Avantika en Reneé Rapp in “Mean Girls”. (Foto: IMDb)

Kom ons wees nou nugter. Min pa’s of manne gaan by Mean Girls aanklank vind. Dit is absoluut gerig op tienerpoppies wat meer van hul grimering weet as van skoolwerk. Ander, meer verantwoordelike vroulike fliekgangers en hul ma’s mag ook daarvan hou. Vir hulle mag Mean Girls ʼn groot jol wees.

(7/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.