Laaste aflewering van ‘Jurassic Park’ vanjaar te sien

(Foto: Jurassicworld.com)

Die lokprent van die jongste, en skynbaar laaste, aflewering van die bekende Jurassic Park-franchise, Jurassic World Dominion, is onlangs uitgereik.

Dit beloof glo om ’n “aksiebelaaide” einde van ’n era te wees.

In dié splinternuwe rolprent is karakters van ouds, asook karakters uit die jonger rolprente te sien.

Laura Dern, Jeff Goldblum en Sam Neill vorm deel van die sterbelaaide rolverdeling vir Jurassic World Dominion. Dié drie akteurs het in die heel eerste uitreiking van die reeks verskyn. Hierna het The Lost World: Jurassic Park verskyn en in 2001 is die laaste insetsel van die oorspronklike reeks, Jurassic Park III, uitgereik.

In 2015 is Jurassic World uitgereik, gevolg deur Jurassic World: Fallen Kingdom. Akteurs Chris Pratt en Bryce Dallas Howard is groot name wat te siene was in dié twee rolprente.

Op 10 Junie vanjaar kan kykers sien hoe dié twee wêrelde vervleg word.

Colin Trevorrow, regisseur van die rolprent, was ook aan die stuur van die eerste insetsel van die opvolgreeks, Jurassic World. Dié fliek het rekords laat spat deur $1,7 miljard (sowat R25 miljard) wêreldwyd in te oes.

Steven Spielberg, Alexandra Derbyshire en Colin Trevorrow vorm die span van uitvoerende vervaardigers.

Kyk die lokprent hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.