Die eerste lokprent van Regardt van den Bergh se splinternuwe fliek, Uitvlucht, is bekendgestel.
Die fliek wat eers in 2016 die grootskerm sal tref, word later vandeesmaand by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai bekendgestel.
Uitvlucht vertel die storie van ʼn vrou wat werk kry by ʼn plaasskool nadat sy alles verloor het as gevolg van ʼn buite-egtelike verhouding. Bo en behalwe haar eie probleme wat sy moet hanteer word sy ook gekonfronteer met goed soos die drankmisbruik van leerlinge se ouers en kinders wat gemolesteer word.
Die draaiboek is geskryf deur Regardt en sy vrou, Clara Joubert van den Bergh, wat ook in die fliek te sien is. Clara, wat ook onlangs in die gewilde televisiereeks Vlug na Egipte te sien was, het voorheen self by Uitvlucht in Jeffreysbaai skoolgehou. Regardt het reeds in 2012 al aan rooi rose vertel dat Clara se ervaring by die skool hom geïnspireer het om ʼn draaiboek te skryf. Regardt het ook die regie behartig.
Stian Bam, Carel Trichardt en Margot Luyt is ook deel van die rolverdeling.
Uitvlucht sal na verwagting in Mei 2016 by die loket begin draai.
https://www.youtube.com/watch?v=EUK6qyr5Sj4&feature=youtu.be
Karlien moes wens, sy het soos ‘n feetjie, lig op haar voete gedans.