Video: Só sê Silwerskerm-wenners

Paul du Toit (Foto: Maroela Media)

Maroela Media het Saterdagaand by die toekenningsgeleentheid van kykNET se 10de Silwerskermfees op die blou tapyt met van die wenners gesels.

Genooide gaste het dié spoggeleentheid by die luukse The Bay Hotel in Kampsbaai bygewoon waar die room van die plaaslike rolprentbedryf vir hulle werk beloon is.

Nege vollengterolprente het vanjaar meegeding om dié gesogte pryse en vanjaar se amptelike inskrywing vir die Oscars, Barakat, het ses pryse losgeslaan, onder meer vir beste aktrise (Vinette Ebrahim), beste draaiboek, beste aktrise in ʼn ondersteunende rol (June van Merch), beste oorspronklike musiek (Kyle Shepherd), beste kostuumontwerp (Ayesha Khatieb) en beste produksieontwerp (Sumaya Wicomb).

Dit is Gaia, die eerste ekologiese gruwelfliek in Afrikaans, wat egter koning gekraai het en met die prys vir beste vollengterolprent bekroon is.

In die kortfliek-kategorie is Leemtes en leegheid, met Lida Botha in die hoofrol, as die wenner aangewys. Die fliek ontvang ook die prys vir beste draaiboek en is aangewys as gehoorgunsteling. Hiermee word die Silwerskermfeesgeskiedenis herskryf, aangesien dit die eerste keer is dat ʼn kortfliek as die gehoorgunsteling aangewys word.

Kyk hier wat die wenners van kykNET se 10de Silwerskermfees oor hulle pryse gesê het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.