Die Nickel Kersmark vier 20 jaar

Argieffoto (Foto: Bob Dmyt/Pixabay)

Die Nickel Kersmark is ʼn bekende en groot fondsinsamelingsprojek van Kungwini-welsynsorganisasie.  Die “Local is Lekker”-mark is in 2000 deur Daleen Botes begin wat toe in die bemarkingsdepartement gewerk het. Vandag 20 jaar later is sy die hart van Kungwini-welsynsorganisasie, ons eie hoof- uitvoerende beampte.

Dié jaar is ʼn mylpaal van ons 20ste mark wat vanaf 25 November tot 6 Desember 2020 by die Kungwini-welsynsorganisasie in Grahamweg, Hazeldean-area in Zwavelpoort, Pretoria plaasvind.

Die Paul Jungnickel-tehuis, waarna die Nickelmark vernoem is, is in 1983 gestig vir volwassenes met gestremdhede. Oor die jare het die organisasie gegroei van 40 gestremde inwoners na 160 gestremde volwasse inwoners. Die Kungwini-welsynsorganisasie is die sambreel vir Paul Jungnickel-tehuis, Paul Jungnickel-tehuis Senior, Maatskaplike Werkers, Gemeenskapsontwikkelingsprojekte, die Kungwini- Vroeë Kinderontwikkelingsentrum (ʼn kleuterskool) en ʼn Tshwenyega- mediese kliniek vir die gemeenskap van Pretoria-Oos.

Nickel Kersmark (foto verskaf)

Die Nickel Kersmark fokus graag op “Local is Lekker” en ondersteun graag plaaslike uitstallers met plaaslike, handvervaardigde produkte om ʼn inkomste te verdien. Die Kersmark skep ook die geleentheid vir Kungwini se gestremde inwoners om hul “Local is Lekker” handgemaakte produkte, wat hulle deur die loop van die jaar by die Beskermde Werkswinkel maak, uit te stal en te verkoop.

Inwoners by die beskermde werkswinkel tydens die maak van hul produkte.

Die Nickel Kersmark bied iets vir almal! Van speelgoed vir die jong klomp, ʼn geskenkie vir juffrou tot huisdekor en plante. Heerlike eetgoed is beskikbaar by ons á la carte-restaurant met heerlike Sondagmiddagetes. Lewendige musiekvertonings op Saterdae en Sondae laat almal lekker in die tuin kuier. Ons 20ste Nickel Kersmark in 2020 is ʼn groot hoogtepunt vir ons ná die grendeltyd en afsondering van ons inwoners. Ons sien baie uit daarna om ons huis oop te maak aan die publiek om “Local is Lekker” te ondersteun en geleenthede aan almal te gee om weer ʼn smakie van die “ou normaal” te kry.

Daagliks van 09:00 – 18:00, 25 November tot 6 Desember 2020.

Stuur ʼn e-pos aan [email protected] vir enige navrae of skakel 012-940 0221.

Besoek www.nickelmarket.co.za vir verdere inligting en volg ons op ons Facebook-blad of Instagram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.