Hiér kan jy vanjaar se Jakaranda-liggiefees besoek

Feestelikheid tydens vorige jare se Jakaranda Liggiefees (Foto verskaf)

Die Jakaranda-liggiefees is ʼn jaarlikse instelling en inwoners van Pretoria teken dit sommer al vroeg in hul dagboeke aan. Die inkomste uit dié liggiefees dek die meeste uitgawes van die Jakaranda Kinderhuis terwyl hulle wag vir hul jaarlikse staatsubsidie.

Dit was dus ʼn groot terugslag toe die kinderhuis hoor dat die fees dié jaar gekanselleer is.

Enteractive Productions het egter vinnig reageer en hul Christmas Night Market @ Greenlyn aangebied ten bate van die Jakaranda Kinderhuis.

Greenlyn Village-sentrum het die sentrum aangebied sodat die liggiefees se liggies weer vanjaar helder kan skitter. Kersfees is op pad en die feestelike liggies sal in Pretoria skyn!

Die liggiefees word vanaf 12 – 19 Desember 2020 tussen 17:30 en 22:00 aangebied.

Kom vul jou Kerskous met handgemaakte geskenke en smullekker Kersfeesgunstelinge en lekkernye. Daar is ook ʼn lopende Kersboom, feestelike poppekas en singende Kersvader en sy helpertjies te sien. Jy kan boonop ook ʼn foto saam met jou geliefdes kom neem.

Die hoogtepunt van elke aand is die asemrowende en betowerende Kersliggies! ʼn Feestelikheid van liggies wag vir oud en jonk. Kersfees is ʼn tyd vir gee en ʼn tyd om vir ʼn oomblik te besin oor dit wat werklik saak maak: liefde en omgee.

Koop jou kaartjie vooraf en dui aan watter sessie jy graag wil bywoon sodat sosiale distansiëring toegepas kan word.

Christmas Night Market @ Greenlyn Village-sentrum
Hoek van Thomas Edisonstraat en 13de Straat, Menlopark
12 – 19 Desember 2020
Sessie 1: 17:30 – 19:00
Sessie 2: 19:00 – 20:30
Sessie 3: 20:30 – 22:00

  • Klik hier om jou kaartjie by Tixsa te bespreek.
  • Klik hier om die Facebook-blad te besoek
  • Klik hier om die spesiale Facebook-blad vir die geleentheid te besoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.