Hobby-X: Kunsvlyters se droom

(Foto: Hobby-X)

Hobby-X vier hierdie jaar sy 25ste bestaansjaar. Om die gebeurtenis te herdenk beoog Hobby-X om soveel as moontlik werkswinkels tydens vanjaar se ekspo tussen 4 en 7 Mei 2023 by die Kyalami-renbaan in Johannesburg aan te bied.

Daar is tans meer as 140 werkswinkels om van te kies, wat ʼn wye verskeidenheid mediums en tegnieke verteenwoordig. Vir ʼn kwarteeu bring Hobby-X kunsvlyters van heinde en ver bymekaar om nuwe vaardighede te leer en duisende nuwe kunsvlytprodukte te aanskou, alles onder een dak.

Daar is te kies en te keur tussen die verskillende werkswinkels soos byvoorbeeld hoe om ʼn barista te word of hoe om opvoedkundige speelgoed te maak. Daar is talle multimedium werkswinkels om van te kies, asook hoe om jou eie oorbelle te ontwerp en uit klei te maak.

“Ons is baie opgewonde oor die werkswinkels by vanjaar se Hobby-X,” sê Zinhle Dlamini, bemarkingsbestuurder van Hobby-X. “Ons span het baie moeite gedoen om vir jou ʼn diverse en unieke verskeidenheid klasse te bring wat voldoen aan verskillende belangstellings en vaardigheidsvlakke. Staan gereed om te leer, te skep en herinneringe te maak wat ʼn leeftyd sal hou!”

Hobby-X is elke jaar die gasheer vir duisende kunsvlyters en daarom word daar altyd gefokus op nuwe maniere om die skou interessant te maak. Hierdie jaar is die fokus op werkswinkels met die inkorporasie van die nuwe “Crafters Workshop Area” waar meeste van die werkswinkels aangebied sal word.

Daar is selfs ʼn “Freestyle Art Jamming” area vir diegene wat daarvan hou om hul eie ding te doen.

(Foto: Hobby-X)

“Hobby-X is die bymekaarkomplek van kreatiewes om idees en nuwe vaardighede met mekaar te kan deel,” voeg Marlene Bosch, skoudirekteur van Hobby-X, by. “Dit is ʼn oase vir kunsvlyters om hulself te kan uitleef en waar kreatiwiteit kan seëvier. Hobby-X is nie net nog ʼn ekspo nie, dit is voorwaar ʼn sensoriese belewenis met die reuk van verf in die lug, die sagte teksture van wol en tekstiel tussen jou vingers, ʼn reënboog van kleure en die gelag en gekuier van ou vriende.”

Neil Piper, hoof van bemarking en inhoud by Messe Frankfurt Suid-Afrika, sê Hobby-X het oor die jare heen die beslissende platform geword waar kreatiwiteit, innovering en passie gevier word. “Ons is van opgewonde om opnuut enersdenkende individue bymekaar te bring om ʼn verskeidenheid van stokperdjies en kunsvlyt te kan ervaar. Ons sien uit daarna dat ons besoekers nuwe stokperdjies ervaar en daaraan blootgestel word sodat hul kennisbasis uitgebrei kan word terwyl ons die jongste neigings en produkte in die wêreld van kunsvlyt en stokperdjies tentoonstel.

Klik hier om die webwerf te besoek om te sien watter verskillende werkswinkels beskikbaar is, of klik hier om jou plek te bespreek.

Hier is ‘n voorsmakie wat jy kan verwag uit foto’s van vorige Hobby-X-ekspo’s:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.