Matrieks! Kom geniet Oppi Eiland by ATKV-Eiland Spa

(Foto: EilandSpa/Instagram)

Op die suidelike oewer van die Letabarivier, slegs 68 km oos van Tzaneen in die Limpopoprovinsie, lê ATKV-Eiland Spa in die hartjie van die Hans Merensky-natuurreservaat. Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika.

Vanjaar kan matrikulante regmaak vir ʼn lekker opskop by ATKV-Eiland Spa. Oppi Eiland is beslis ʼn vakansie wat jy nié kan misloop nie, en vind plaas 4 tot 8 Desember 2023. Matrieks kan die einde van hul skoolloopbaan saam met vriende kom vier en kom skoene uitskop ná al die swoeg en sweet van die eindeksamen.

Volgens Divan Sealie, bemarker en vermaakkoӧrdineerder kan matrikulante die ware gasvryheid by die toevlugsoord in Limpopo geniet en lekker in die Bosveld kom feesvier, met vermaak uit die boonste rakke.

Matrikulante kan uitsien na kunstenaars soos Mensdom en Ouderdoos, ʼn verskeidenheid ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite soos, put-put, waterglybaan, staproetes, visvang, perderitte en nog vele meer.

Kom geniet ʼn paar dae van pret, musiek en opwinding in die Bosveldson, waar elke dag somer is. Besoek gerus die webblad by https://eilandspa.co.za/ vir meer inligting oor die oord, of skakel die oord direk by 015 386 8000 om jou plek te bespreek vir hierdie ongelooflike matriekvakansie-ervaring.

Matrikulante word ook aangemoedig om ATKV-Eiland Spa se sosialemediaplatforms soos Facebook, Instagram en TikTok te besoek vir ʼn volledige Oppi Eiland-matriekfeesprogram.

Maak reg vir Oppi Eiland by ATKV-Eiland Spa – die plek waar die pret nooit ophou nie!

Wil jy en 3 vriende GRATIS ons #oppieiland matriekfees bywoon?Volg die volgende stappe en die prys is joune!Ons gaan een gelukkige MATRIEK kies.1. ???? en deel hierdie plasing.2. ''Tag'' drie persone.Die wenner kies sy drie vriende, so maklik soos dit!Die wenner word aangewys, 25 November 2023.Waarvoor wag julle! Toe Toe????

Posted by ATKV-Eiland Spa on Tuesday, October 24, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.