Video: Dit wemel op Aardklop se feesterrein

v.l.n.r. Christiaan Coetzee, Annemarie Coerzee, Mpho Ntsanu en Esther de Klerk. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media).

Duisende opgewekte feesgangers het vandeesweek deur die stalletjies van Momentum Beleggings Aardklop se warm en vrolike feesterrein gewandel.

“Dit is ʼn uiterse seëning om hier te wees, dit was sover ʼn wonderlike ervaring,” het Francis Victor, een van die stalletjiehouers by die fees, aan Maroela Media gesê.

“Ek dink die mense is honger vir kuns en kultuur. Wat ek persoonlik ervaar het, is dat die mense gretig is om ons as plaaslike ondernemings te ondersteun.”

Feesgangers kon hierdie jaar kies en keur uit indrukwekkende handgemaakte produkte, pragjuwele en verruklike kos. Selfs al het die son die terrein warm gebak, was die stalletjies nie een oomblik stil nie.

Francis en Wiehan Victor, stalletjiehouers by Aardklop. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

“Dis baie lekker, baie warm en die mense is vriendelik,” het Monique van Rooyen, nog ʼn stalletjiehouer gesê.

Wanneer feesgangers nie die stalletjies verken het nie, was hulle besig om na een van die vele kunstenaars op die terreinverhoog te luister. Dié kunstenaars sluit onder andere in Jak de Priester, Jakkie Louw, Abel Knobel, Ouderdoos, Gift Matjila, Vrede, Anton Goosen, Jemma Catherine, Cordelia, Janie Bay, Ruan Josh, Corlea Botha en Brendan Peyper in.

Maroela Media het vandag by die feesterrein gaan inloer om te kyk wat daar aan die broei is. Kyk die video daarvan hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.