Bernice West behaal driekuns op Top-20

Bernice West. (Foto: Révan Luus)

Dit is ’n baie goeie week vir Bernice West.  Haar jongste enkelsnit “O kind” betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 15de posisie.

Die gewildheid van die liedjie is ook deels te danke aan die musiekvideo wat sy van die lied bekendgestel het. Dit het reeds bykans 50 000 trefslae op YouTube nadat dit op 26 Maart vanjaar uitgereik is.

West het nou drie snitte wat op die Top-20 pryk, met “Kom binne” wat tans in die 3de plek en “Sonop-blom” in die 7de plek is.

Elandré het die afgelope week sy splinternuwe album getiteld Rugsak bekendgestel. Die jongste enkelsnit vanuit die album “Waar die wind my waai” beklee vandeesweek die 17de plek op die Top-20.

Die splinternuwe musiekvideo vir die liedjie het ook reeds meer 23 000 kykbeurte op YouTube. Sy album het ook hierdie week die top-10-lys vir Suid-Afrikaanse albumverkope op iTunes gehaal.

Elandré se “Binne en buite” bly vir die tweede week in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, vyf wat daal, nege wat onveranderd bly en ʼn nuwe enkelsnit wat sy toetrede tot die treffersparade maak.

-CL9nMJcxJCiw

  1. Elandré – “Binne en buite”
  2. Riaan Benadé – “Spontaan”
  3. Bernice West – “Kom binne”
  4. Elandré – “Dag en nag”
  5. Loufi – “Baas vannie plaas”
  6. Liezel Pieters – “Plus Minus Maal Deel”
  7. Bernice West – “Sonop-blom”
  8. Riaan Benade – “Gooi nog ’n whiskey”
  9. Ruhan du Toit – “Die mite”
  10. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  11. Rooksein – “Kyk na my hart”
  12. Fatman – “Vuil Coke”
  13. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  14. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  15. Bernice West – “O kind”
  16. Jay – “Te veel”
  17. Elandré – “Waar die wind my waai”
  18. Ché en Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  19. Dewald Wasserfall – “Oorleef”
  20. Refentse – “Stormnag”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.