Bernice West woeker weer op Top-20

Bernice West. (Foto: Jannes Erasmus)

Dit was ʼn goeie week vir Bernice West wat nog steeds drie liedjies op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 het.

“Kom binne” klim van verlede week se 11de plek na die vierde posisie. Dit is ʼn sprong van sewe plekke. Die musiekvideo van die liedjie is reeds meer as 1,3 miljoen keer op YouTube gekyk.

Appel se lied “Dina” neem hierdie week die no. 1-posisie in. Volgens Appel wil hy graag deur liedjies soos “Dina”, wat op die ou FAK-liedjie “Ek soek na my Dina” geskoei is, Afrikaans weer relevant maak vir vandag se jeug.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, nege wat daal en ses wat onveranderd bly.

  1. Appel – “Dina”
  2. Riaan Benadé – “Spontaan”
  3. Appel – “Hier sal jy boer”
  4. Bernice West – “Kom binne”
  5. Riaan Benade – “Vat ʼn bietjie”
  6. Elandré – “Binne & buite”
  7. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  8. Riaan Benade – “Gooi nog ʼn whiskey”
  9. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  10. Elandré – “Dag en nag”
  11. Jo Black met Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  12. Elandré – “Waar die wind my waai”
  13. Brendan Peyper – “Dik en dun”
  14. Bernice West – “O Kind”
  15. Fatman – “Vuil Coke”
  16. Bernice West – “Sonop-blom”
  17. Rooksein – “Kyk na my hart”
  18. Kurt Darren met Snotkop – “’n Dubbel vir die DJ”
  19. Bok van Blerk – “’Dis wie ons is”
  20. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.