Brendan maak geskiedenis op Top-20

Brendan Peyper. (Foto: Brendan Peyper/Instagram)

Die nuwe musiekduo, Ons, maak vandeesweek hul toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met hulle debuut-enkelsnit, “Daai liedjie”.

Ruvé Erasmus en Marco van Deventer vorm deel van dié nuwe musiekduo en het saam “Daai liedjie” geskryf.

“Daai liedjie” debuteer op die top-20 in die 9de plek.

Eloff se “Vlerke” verloor vir die eerste keer sy no. 1-plek op die top-20 en val met een plek tot no. 2.

Brendan Peyper kraai vandeesweek koning op die top-20 met sy jongste enkelsnit, “Soen soos wat jy dans”, wat die treffersparade in die eerste posisie betree.

Slegs ʼn handjie vol kunstenaars, soos Jo Black en Appel, kon dit al reg kry om die top-20 direk in die eerste posisie te betree.

“Soen soos wat jy dans” se musiekvideo is reeds meer as 110 000 keer gekyk vandat dit ʼn paar dae gelede op YouTube gelaai is.

In vandeesweek se top-20 is daar net een liedjie wat klim, twee nuwe liedjies wat die treffersparade betree, twee wat onveranderd bly en 15 liedjies wat hulle plekke verloor.

1. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
2. Eloff – “Vlerke”
3. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
4. Die Piesangskille – “Inge 2”
5. Demi Lee Moore – “Hart breek”
6. Riaan Benadé – “Boksemdais”
7. Chris Steyn – “Helemal”
8. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
9. Ons – “Daai liedjie”
10. Appel – “Buffels van Buffelsfontein ”
11. Juanita du Plessis – “Liewe jinne”
12. Bok van Blerk – “Dis raak”
13. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
14. Brendan Peyper – “Moegdans”
15. Elandré – “Asseblief”
16. Die Piesangskille – “Lyntjie”
17. Droomsindroom – “Dans alleen”
18. Barto – “H2Oë”
19. Karlien van Jaarsveld – “Als is okay”
20. Appel – “Foute”

Maroela se keuse:

Weekliks deel een van Maroela Media se joernaliste vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Eugenie Buys, digitale-verkope-spesialis van Maroela Media, deel die topvyf Afrikaanse liedjies wat vandeesweek vir haar uitstaan:

1. “Sterreval” – Ryno Velvet
2. “Vlerke” – Eloff
3. “Jy is al wat ek het” – Die Heuwels Fantasties saam met Loki Rothman
4. “Kalahari reën” – Elvis Blue
5. “Stout vir” – Irene-Louise van Wyk.

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.