Brendan Peyper bly bó aan dié Top-20

Brendan Peyper (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die kollig is vandeesweek steeds op Brendan Peyper op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met sy jongste enkelsnit, “Soen soos wat jy dans”, wat die treffersparade verlede week in die eerste posisie betree het. Die musiekvideo van sy liedjie is nou al reeds meer as 274 000 keer op YouTube gekyk.

Die nuwe musiekduo, Ons, het verlede week sy debuut op die Top-20 gemaak met, “Daai liedjie”. ʼn Week later val hulle ongelukkig met tien plekke en staan dié week op no. 19.

Chris Steyn, Riaan Benadé, Demi Lee Moore, Die Piesangskille, Bernice West saam met Bok van Blerk en Eloff bly hierdie week bankvas in hulle onderskeie plekke.

Nog ʼn merkwaardige mylpaal is Bernice West en Bok van Blerk se lied, “Die Afrikaner maak so”. Die liedjie se musiekvideo wat twee weke gelede bekendgestel is, het nou al reeds meer as 576 000 kykbeurte gehad.

In vandeesweek se Top-20 is daar vyf liedjies wat klim, nege wat onveranderd bly en ses liedjies wat hulle plekke verloor.

1. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
2. Eloff – “Vlerke”
3. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
4. Die Piesangskille – “Inge 2”
5. Demi Lee Moorde – “Hart breek”
6. Riaan Benadé – “Boksemdais”
7. Chris Steyn – “Helemal”
8. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
9. Brendan Peyper – “Moegdans”
10. Elandré– “Asseblief”
11. Appel – “Buffels van Buffelsfontein”
12. Juanita du Plessis – “Liewe jinne”
13. Bok van Blerk – “Dis raak”
14. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
15. Droomsindroom – “Dans alleen”
16. Die Piesangskille – “Lyntjie”
17. Barto – “H2Oë”
18. Karlien van Jaarsveld – “Als is okay”
19. Ons – “Daai liedjie”
20. Appel – “Foute”

Maroela se keuse:

Weekliks deel een van Maroela Media se joernaliste vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Janice du Plessis, joernalis van Maroela Media, deel die vyf Afrikaanse liedjies wat vandeesweek vir haar uitstaan:

1. “Jy is al wat ek het” – Die Heuwels Fantasties met Loki Rothman
2. “Sterreval” – Ryno Velvet
3. “In my oë” – Elandré
4. “Katedraal” – Ryno Velvet
5. “Als is okay” – Karlien van Jaarsveld

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.