Corlea is no. 1 op Maroela Media Top-20

Brendan Peyper kuier by Maroela Media.

Brendan Peyper kuier by Maroela Media.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top 20 is daar sewe snitte wat klim, tien wat terugsak en twee wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat die week se top-20 betree.

Brendan Peyper het pas sy jongste album, Dis nie sonde nie, bekendgestel. Dit was duidelik dat dit beslis ’n treffer vir hom gaan wees. Met die bekenstelling van die liedjie op iTunes het dit dadelik die mees afgelaaide Afrikaanse liedjie geword. Corlea betree die week se no. 1-posisie met, “Breek my hart”, op haar tweede solo album.

  1. Corlea – “Breek my hart”
  2. Refentse – “Reisiger”
  3. Adam Tas & Stella – “Ek is ryk”
  4. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  5. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  6. Neil Somers – “Bloedgrond”
  7. Jay – “Lê ’n bietjie langer”
  8. Tarryn Lam – “Vier woorde”
  9. Verskeie kunstenaars (Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld & Rohan du Toit) – “Die land”
  10. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  11. Jo Black – “Een klein klippie”
  12. Snotkop – “Souserig”
  13. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
  14. Appel – “Boer loop deur my are”
  15. Jan Blohm – “Word wakker”
  16. Karlien van Jaarsveld – “Rooilip soene”
  17. Early B – “Ben Ten”
  18. Elandré – “Honderd duisend maal”
  19. Verskeie kunstenaars (Adam Tas, Chris Chameleon, Ghapi, Appel & Juan Boucher) – “Die gelofte”
  20. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.