Corné en vriende kuier saam op die Top-20

Corné Pretorius. (Foto: Verskaf)

Corné Pretorius het verlede jaar sy debuut in die Afrikaanse musiekbedryf gemaak met ʼn liedjie uit Francois van Coke se kraal. Sy jongste enkelsnit, “Biertjies”, saam met Die Heuwels Fantasties en Ampie betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste plek.

Riaan Benadé bly vir die tweede week in die no. 1-posisie met “Spontaan”. Dit is ook die titel van sy debuutalbum wat verlede jaar bekendgestel is. Die musiekvideo vir die liedjie word Sondag 14 Februarie vir die eerste keer op Maroela Media bekendgestel.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, sewe wat daal, sewe wat onveranderd bly en ʼn nuwe enkelsnit wat sy toetrede tot die treffersparade maak.

  1. Riaan Benadé – “Spontaan”
  2. Bernice West – “Kom binne”
  3. Elandré – “Dag en nag”
  4. Riaan Benadé – “Gooi nog ʼn whisky”
  5. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  6. Bernice West – “Sonop-blom”
  7. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  8. Jay – “Te veel”
  9. Janie Bay met Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  10. Loufi – “Baas vannie plaas”
  11. Early B met Jack Parow – “Sak Sara”
  12. Fatman – “Vuil Coke”
  13. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  14. Refentse – “Stormnag”
  15. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  16. Rooksein – “Kyk na my hart”
  17. Lianie May & Jay – “Dors”
  18. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  19. MD Greyling – “Veg en bou”
  20. Corné Pretorius met Die Heuwels Fantasties & Ampie – “Biertjies”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.