Demi Lee Moore skop stof in oë op Top-20

Demi Lee Moore. (Foto: Hendri Viljoen/Skoll Photography & Design/Verskaf)

Chris Steyn, Die Kontrak 3-wenner, moes plek maak vir sy mentor, Demi Lee Moore, se jongste snit, “Hart breek”, wat in die eerste plek op Maroela Media se Afrikaanse Top-20 is. “Heeltemal “ skuif vandeesweek terug na die vierde plek.

Eloff klim na nommer twee met sy lied, “Vlerke”, terwyl Appel se “Buffel van Buffelsfontein” ook klim, na nommer ses die week.

Dodo Nyoka, naaswenner van Die Kontrak 2, betree die week se Top-20 op nommer dertien met “Country girl van Bloem”.

In vandeesweek se Top-20 is daar drie liedjies wat klim, een nuwe liedjie wat die Top-20 betree, twee wat onveranderd bly en dertien liedjies wat hul plekke verloor.

1. Demi Lee Moore – “Hart breek”
2. Eloff – “Vlerke”
3. Die Piesangskille – “Inge 2”
4. Chris Steyn – “Helemal”
5. Riaan Benade – “Boksemdais”
6. Appel – “Buffels van Buffelsfontein”
7. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
8. Juanita du Plessis – “Liewe Jinne!”
9. Elandré – “Asseblief”
10. Brendan Peyper – “Moegdans”
11. Karlien van Jaarsveld – “Als is okay”
12. Droomsindrooom – “Dans alleen”
13. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
14. Appel – “Foute”
15. Barto – “H2Oë”
16. Ricus Nel – “Kalahari Ferrari”
17. Die Piesangskille – “Lyntjie”
18. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
19. Eloff – “Koue kole”
20. Barto – “Impulsief”

Nuwe uitreikings:

AlbaV. (Foto: Willem Botha)

Die 15-jarige Alba Vorster, wat alreeds opslae gemaak het met haar Engelse popliedjies, het pas haar nuutste enkelsnit, “Tydbom”, bekendgestel. Janie Bay en Hunter Kennedy, bekende sangers en liedjieskrywers, het die liedjie geskryf.

Kurt Darren het ook onlangs bederf met ʼn nuwe lied, “Hulle weet nie wat ons weet nie”. Kurt het die lied saam met Dricus du Plessis, bekende gemengdegevegkunsatleet, geskryf. Die titel van die liedjie is eintlik ʼn bekende sêding van Dricus, en die lied is ʼn viering van oorwinnings en die opbouende gees van Suid-Afrika.

Ander liedjies wat uitgereik is, is Nitzsché se “Ek verlang na jou”, Bokkies se “Boodskap op die radio”, Die Kaalkop Waarheid se “Tankwa”, Dodo Nyoka se “Country girl van Bloem”, Fokofpolisiekar se “Die goeie ou dae”, Aveer Jogi se “Hoëveld”, Matthew John Duncan se “In die son”, Ricus Nel se “Kalahari Ferrari”, Jakkie Louw se “Karen”, Christiaan Baartman se “Kersfeestyd”, John Rock Prophet se “Kuilsrivier”, Babette se “Oggend caffeine”, Kevboii se “Sal jy bly”, Liv Die se “Swart kat” en VOLK se “Twak in die sak”.

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.