Demi Lee, Riaan wedywer om no. 1-plek op Top-20

Demi Lee Moore. (Foto: Willem Botha)

Die Heuwels Fantasties het ʼn goeie week agter die rug met die bekendstelling van hulle nuwe enkelsnit “Hardloop weg”.

Dié snit betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 19de plek. Die musiekvideo van die liedjie is ook reeds meer as 12 000 keer op YouTube gekyk.

Demi Lee Moore het verlede week die no. 1-posisie beklee met “Maak my jou tequila”, maar val hierdie week terug na die 2de plek. Sy het die afgelope naweek tydens haar 31ste verjaarsdagvieringe op Melkbosstrand verloof geraak aan die beroepsmusikant Barthlo Visagie.

Riaan Benadé, wat al voorheen vier agtereenvolgende weke lank in die eerste plek was, kraai vandeesweek weer koning met “Gooi nog ʼn whisky”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, nege wat daal, ses wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit wat die top-20 betree.

-4A

  1. Riaan Benadé – “Gooi nog ʼn whisky”
  2. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  3. Elandré – “Dag en nag”
  4. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  5. Chê ft Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  6. Bernice West – “Sonop-blom”
  7. Lianie May & Jay – “Dors”
  8. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  9. Refentse – “Stormnag”
  10. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  11. Janie Bay & Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  12. Bernice West – “Die hart”
  13. Appel – “Nonna”
  14. Bernice West – “Kom binne”
  15. Refentse – “Daai deng”
  16. Margot – “Tydelike afleiding”
  17. Jo Black – “Spring”
  18. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  19. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  20. ADAM – “Liefde is”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.