Romantiese ja-woord vir gewilde blonde sangeres

‘n Skermskoot uit die video wat Demi Lee Moore gedeel het.

As deelnemer aan die werklikheidsreeks Die Kontrak het sy vinnig in duisende kykers se harte gekruip en vir hul weergawe van die Don Williams-treffer “Amanda” het sy en Steve Hofmeyr diep in mekaar se oë gekyk.

Maar die gewilde Afrikaanse sangeres Demi Lee Moore het net oë vir een man: Barthlo Visagie – veral nadat hy Saterdagaand op een knie gesak en die stralende blondekop om haar hand gevra het.

“Jy het my hele hart oorwin, met jou gawe natuur, jou sagte menswees en jou oorvloed van liefde vir my. Ek is onbeskryflik lief vir jou my engel,” het Moore ná hulle verlowing op Facebook geskryf.

“Gister was die beste dag van my lewe, ek kan nie wag om met jou te trou nie.”

In ʼn video wat Moore op sosiale media gedeel het, kan gesien word hoe Visagie, ʼn beroepsmusikant, ʼn kaalvoet Moore by haar 31ste verjaarsdagviering in Melkbosstrand vra om te trou terwyl hulle luidkeels toegejuig word.

Visagie haal ʼn piepklein boksie uit, wys die ring vir ʼn oorstelpte Moore waarna sy ook op haar knieë afsak en hom omhels.

Demi Lee Moore en haar geliefde, Barthlo Visagie.

Moore het verlede jaar aan Maroela Media gesê dat sy ʼn huis in Pretoria gekoop het en dat sy en Visagie die Kaap vir Gauteng verruil.

Die titelsnit van haar eerste album, “Mis, eet, slaap, herhaal” het bykans oornag ʼn treffer geword en daar was sedertdien geen keer aan Moore se sukses nie.

Tientalle boodskappe van gelukwense het reeds ingestroom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sênet ·

Baie geluk mag julle goeie gesondheid geniet in al die jare wat julle beskore is

Agter die skerms ·

Baie geluk julle baie geluk.
My suster se dogter se vriend het Saterdagaand voor ‘n hele klomp mense ook die jawoord gevra. dit is was sussie se doggie se verjaarsdag ook dis net te pragtig. Baie geluk almal van julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.