Dít is die gewildste liedjie van die dekade

Ed Sheeran. (Foto: Facebook)

Die gewilde Britse rooikopsanger, Ed Sheeran, se treffer “Shape of You” is pas aangekondig as die liedjie wat die afgelope dekade die meeste geluister is op die musiekstromingsdiens Spotify.

Volgens The Guardian is dié liedjie 2,3 miljard keer op dié musiekstromingsdiens geluister.

Die kletsrymer en sanger Drake is aangewys as die kunstenaar na wie die meeste geluister is op Spotify, met altesaam 28 miljard trefslae op ʼn verskeidenheid van sy liedjies. Drake se “One Dance” is naas Sheeran se treffer die naasmeeste geluister.

Post Malone se “Rockstar”, The Chainsmokers en Halsey se “Closer”, en nóg ʼn Sheeran-treffer, “Thinking out loud”, maak die res van die top-vyf uit. Ariana Grande en Eminem tel ook onder die gewildste kunstenaars.

Drake. (Foto: Instagram)

Drake. (Foto: Instagram)

Die liedjie wat vanjaar die meeste geluister is, is “Senorita” deur Camila Cabello en Shawn Mendes. Dié liedjie is meer as 1 miljard keer gestroom. Billie Eilish, die 17-jarige Amerikaanse sangeres, se “Bad Guy” is ʼn kortkoppie agter met 990 miljoen trefslae. Haar album, When we fall asleep, where do we go, is die album wat vanjaar die meeste geluister is.

Spotify is een van die wêreld se grootste musiekstromingsdienste met ʼn luisteraarsbasis van 113 miljoen betalende intekenaars. Spotify se grootste kompetisie, Apple Music, het 60 miljoen betalende intekenaars.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.