Drie liedjies op die Top-20 vir Barto

Barto.

Met drie liedjies op dié week se trefferparade, kraai Barto koning met “Impulsief”, “H2Oë” en ’n nuwe uitreiking, “Ons twee genoeg”, wat hulself op Maroela Media se Afrikaanse Top-20 tuisgemaak het.

Nog ’n pluimpie vir alternatiewe Afrikaanse musiek is Sakkie en Francois van Coke se “Hey jy” wat dié week die Top-20 betree.

Eloff spog ook met vier liedjies op die trefferparade.

Daar is vier liedjies wat klim, nege wat hul plek verloor, vyf wat onveranderd bly en twee splinternuwe liedjies wat die Top-20 betree.

  1. Brendan Peyper – “Nee of ja”
  2. Barto – “Impulsief”
  3. Bernice West – “Lyfie”
  4. Die Heuwels Fantasties & Appel – “Nora Vlok”
  5. Barto – “H2Oë”
  6. Eloff – “Swipe regs”
  7. Dodo Nyoka – “Foto’s”
  8. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
  9. Droomsindroom – “Ek ly aan”
  10. Prop – “Kwaaitjie”
  11. Barto saam met Marissa – “Ons twee genoeg”
  12. Eloff – “Witblits”
  13. Zaan Sonnekus – “Monitor”
  14. Eloff – “Johnnie Blou”
  15. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
  16. Eloff – “ATKV”
  17. Sakkie & Francois van Coke – “Hey jy”
  18. Brendan Peyper – “Insomnia”
  19. Kurt Darren – “Afrikaans is alles”
  20. Gerhard Steyn saam met Loufi & Jacques du Plessis – “Vat die Cruiser”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Francois van Coke en Sakkie is vandeesweek in die kollig met hul nuwe enkelsnit, “Hey jy”.

Sakkie, ’n konstruksiewerker van Stilbaai, het Francois genader om hierdie snit saam met hom op te neem. Die liedjie is deur Hunter Kennedy en Johnny de Ridder geskryf.

Dit sal ook nie die eerste keer wees wat Sakkie die wêreld van alternatiewe Afrikaanse musiek op dié wyse betree nie. Hy het in 2021 ’n liedjie saam met Die Heuwels Fantasties opgeneem wat op hul album, Volume, ingesluit is.

Ander liedjies wat dié week uitgereik is sluit in Reets se “Spieël”, Charlize Hanekom se “Breek ek voor jou”, Muller Brandt se “Braaibroodjies”, Pelican State se “Huis toe”, Pieter Smith se “Willemiena van Gezina”, Anzelle se “Klein botteltjie groot gif” en ADAM se “Huurvry”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.