Driekuns vir Barto op Top-20

Barto kuier by Maroela Media. (Foto: Pieter Cloete/Maroela Media)

Barto het tans drie liedjies op die Maroela Media Afrikaanse Top-20. Sy nuutste snit, “Slukkie inspirasie”, se musiekvideo is reeds meer as 36 000 keer op YouTube gekyk. Die lied betree die week se Top-20 op nommer 14.

Droomsindroom se “Dans alleen” wat verlede week op die treffersparade verskyn het, klim met een plek.

Riaan Benadé se “Boksemdais” bly vir eers op die nommer-een-posisie.

In vandeesweek se Top-20 is daar een liedjie wat klim, tien wat hulle plekke verloor, twee nuwe liedjies wat hul toetrede maak en sewe wat onveranderd bly.

1. Riaan Benadé – “Boksemdais”
2. Die Piesangskille – “Inge 2”
3. Elandré – “Asseblief”
4. Droomsindroom – “Dans alleen”
5. Brendan Peyper – “Moegdans”
6. Karlien van Jaarsveld – “Als is okay”
7. Appel – “Foute”
8. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
9. Die Piesangskille – “Lyntjie”
10. Barto – “H2Oë”
11. Eloff – “Koue kole”
12. Barto – “Impulsief”
13. Juan Boucher saam met Tasché – “Suid”
14. Barto – “Slukkie inspirasie”
15. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
16. Jay – “Stoutgat”
17. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
18. Riana Nel – “Ek wonder”
19. Bernice West – “As Hy weer kom”
20. Leon Schuster – “Die Bokmasjien”

Nuwe uitreikings:

Jan-Mattys. (Foto: Facebook)

Elsjé weet hoe dit voel as ʼn verhouding skeefloop en sleg beëindig word. Dit is juis waaroor haar nuutste lied, “Stroom”, gaan. Volgens Elsjé het die snit ʼn positiewe, hoopvolle boodskap. Die liedjie se musiekvideo speel af op ʼn plaas en is naby die Roodeplaatdam verfilm.

“Hey!” is ʼn vars, nuwe popliedjie van Jan-Mattys. Hy het die liedjie self geskryf en volgens hom handel die liedjie oor die skoner geslag wat speletjies speel met sy gevoelens. Dit is gebaseer op ʼn ware ervaring wat hy gehad het.

Ander liedjies wat uitgereik is, is Julani J se “Die girls gaan groot vanaand”, Karlien van Jaarsveld met “Als is okey”, Andre Juan se “Val neer op hom”, Bibi se “Daai girl”, Kristi Boonzaaier se “Hallo, medemens”, Fanus Pienaar se “Hierdie land is jou land”, Ricardo Muller se “Jy’s die rede”, Armand Hofmeyr se “Marie” (remix), Barto se “Slukkie inspirasie”, William Wolf saam met Zoé se “Somer” en Leandri Martin se “Stadig dans”.

*Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.