Eloff hou blink kant bo op Top-20

Eloff op die Glimlag-fees se verhoog. (Foto: Facebook/Glimlag Fees)

Demi Lee Moore se “Hart breek” klim met een plek die week, nadat sy 2023 afgesluit het op nommer een op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Eloff se “Vlerke”, bly vir die tweede week op nommer een.

“Somer in my keel” maak vandeesweek vir die eerste keer sy buiging op ons treffersparade in die 20ste posisie. Die Heuwels Fantasties het einde verlede jaar met Werner van der Hoven saamgewerk en dié snit is die produk van die samewerking. Hunter Kennedy, Pierre Greeff en Werner het die lied geskryf en voer dit nou ook saam uit. Werner is ook deel van die duet-groep, Jack & June.

Daar is vier liedjies wat in dié week se Top-20 klim, een nuwe liedjie wat die Top-20 betree, ses wat onveranderd bly en nege liedjies wat hul plekke verloor.

1. Eloff – “Vlerke”
2. Demi Lee Moore – “Hart breek”
3. Die Piesangskille – “Inge 2”
4. Riaan Benadé – “Boksemdais”
5. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
6. Chris Steyn – “Helemal”
7. Bok van Blerk – “Dis raak”
8. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
9. Appel – “Buffels van Buffelsfontein”
10. Elandré – “Asseblief”
11. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
12. Brendan Peyper – “Moegdans”
13. Appel – “Foute”
14. Karlien van Jaarsveld – “Als is okay”
15. Droomsindroom – “Dans alleen”
16. Die Piesangskille – “Lyntjie”
17. Barto – “H2Oë”
18. Ricus Nel – “Kalahari Ferrari”
19. Eloff – “Koue kole”
20. Die Heuwels Fantasties saam met Werner van der Hoven – “Somer in my keel”

Nuwe uitreikings:

Shaun Nieuwouldt. (Foto: Facebook)

Shaun Nieuwoudt het pas sy debuutalbum, Stories oor jou, bekendgestel as ʼn trilogie propvol liefde en romanse. Een van die enkelsnitte op dié album is “Die oorlog”, en is ʼn liefdesdialoog tussen twee verliefdes. Hy het dié lied saam met sy vriendin, Valerie Joubert, geskryf na aanleiding van ʼn kort gedig wat sy vir hom geskryf het.

Ander liedjies wat uitgereik is, is Peer Papsak se “Die wors song”, Ryno Velvet se “Sterreval”, X_C_Xreece se “Wyn” en Cyril Viljoen se “Swart riviere”.

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.