Nadat hy deel van suksesvolle groepe soos Polisiekar en Van Coke Kartel was, het Francois van Coke besluit om sy gelyknamige solo-album vrygestel.
Hoewel die album eers op 8 April vrygestel word, is dit reeds op iTunes beskikbaar. Die eerste enkelsnit, Moontlik nooit, is gratis op sy webtuiste beskikbaar. Volgens Francois is die snitte op hierdie album nie so swaar soos sommige van dié wat hy as deel van sy groepe vrygestel het nie. “Ek wou iets skep wat anders is en ek dink ek het dit reggerkry,” sê hy. Die tweede enkelsnit van die album is Toe vind ek jou, waarop Karen Zoid saam met hom sing.
Die bekendstellingstoer van die nuwe album skop op 8 April af met ʼn gratis vertoning by Sgt. Pepper in Kaapstad. Francois het ʼn groep begaafde kunstenaars bymekaar gekry om die verhoog met hom te deel. Onder hulle is Jedd Kossew (van Van Coke Kartel) op hoofkitaar, Richard Onraet, wat in Jesse Clegg se orkes speel, op ritmekitaar, Rudolph Willemse op baskitaar en Sheldon Yoko van Die Heuwels Fantasties op tromme.
Die toerprogram lyk soos volg:
- 8 April: Sgt. Peppers, Kaapstad
- 9 April: Rembrandtsaal, KKNK Oudtshoorn
- 10 April: RSG-verhoog, KKNK Oudtshoorn
- 10 April: Q Bar, KKNK Oudtshoorn
- 11 April: Rembrandtsaal, KKNK Oudtshoorn
- 11 April: Brian’s Grill, Oudtshoorn
- 14 April: Aandklas, Stellenbosch
- 15 April: Mystic Boer, Bloemfontein
- 16 April: Mystic Boer, Potchefstroom
- 17 April: Rumours, Johannesburg
- 18 April: Arcade Empire, Pretoria
- 19 April: Atterbury-teater, Pretoria
- 24 April: Die Boer, Durbanville
Verdere inligting oor die nuwe album en die bekendstellingstoer kan op Francois se Facebook-blad, sy twitter-rekening of sy webtuiste, www.francoisvancoke.co.za gevind word.
Hier is die eerste enkelsnit, Moontlik Nooit: