Gewilde ‘Boerepompie’ betree Afrikaanse Top-20

Snotkop en Ricus Nel. (Foto: Verskaf)

Ricus Nel en Snotkop se jongste enkelsnit, “Boerepompie”, betree vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die no. 18-posisie.

Die musiekvideo vir dié snit, wat einde verlede week uitgereik is, het reeds bykans 200 000 trefslae op YouTube en was ook baie gewild met aflaaie die afgelope naweek.

Fatman se jongste enkelsnit, “SOS”, betree ook dié week die treffersparade op no. 20. Biggy, die kletsrymer wat verlede week ʼn opskudding op die Top-20 veroorsaak het toe hy die treffersparade op no. 20 met sy enkelsnit “Dames” betree het, is vandeesweek in die no. 17-posisie.

Elandré neem weer die no. 1-posisie in met “Vuur op die water”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, agt wat daal en vier wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat wat vandeesweek se treffersparade betree.

  1. Elandré – “Vuur op die water”
  2. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  3. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  4. Janie Bay – “Amper daar”
  5. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  6. Theuns Jordaan – “Praat is te laat”
  7. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  8. Jo Black – “Voel jy die genade”
  9. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  10. Christia Visser – “17 Shots”
  11. Jo Black – “Bitter”
  12. Juan Boucher – “Want jy weet”
  13. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  14. Ivan Roux – “Daai ding”
  15. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  16. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  17. Biggy – “Dames”
  18. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  19. Refentse – “Liefdegenerasie”
  20. Fatman – “SOS”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.