Gʼn einde aan Bokkoors op dié Top-20

leon-schuster

Leon Schuster. Foto: Leonschuster.com

Die Bokgees loop nou net nog hoër ná die Springbokke se Wêreldbeker-rugbytoernooi, en Leon Schuster se “Die Bokmasjien” neem die nommereen-plek op Maroela Media se Afrikaanse Top-20 in. Die liriek-video van dié liedjie is nou al reeds meer as 785 000 keer in minder as twee maande gekyk.

Loufie se “Bokke” wat laas week op nommer 20 was, klim na die derde plek op die week se treffersparade.

In vandeesweek se Top-20 is daar ses liedjies wat klim, 12 wat hul plekke verloor en twee liedjies wat onveranderd bly.

1. Leon Schuster – “Die Bokmasjien”
2. Riaan Benadé – “Boksemdais”
3. Loufi – “Bokke”
4. Die Piesangskille – “Inge 2”
5. Elandré – “Asseblief”
6. Brendan Peyper – “Moegdans”
7. Appel – “Foute”
8. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
9. Die Piesangskille – “Lyntjie”
10. Eloff – “Koue kole”
11. Barto – “H2Oë”
12. Juan Boucher saam met Tasché – “Suid”
13. Barto – “Impulsief”
14. Jay – “Stoutgat”
15. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
16. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
17. Bernice West – “As Hy weer kom”
18. Appel – “Diana”
19. Riana Nel – “Ek wonder”
20. Appel – “Suikerbos”

Nuwe uitreikings:

Ruan Josh en Franja du Plessis (Foto: Facebook)

Die Du Plessis’s bederf weer met ʼn liedjie uit hul eie pen, wat Ruan Josh sing. “Ek sukkel” is ʼn lekker Afrikaanse sokkieliedjie, sê Ruan. Dit is ʼn lekker tong-in-die-kies-liedjie en handel oor Ruan se ontmoeting met ʼn voormalige Mej. Suid-Afrika. Ruan vertel dat hy ʼn uitdaging het om met mooi vroue te gesels en bloos homself bloedrooi.

“Tannie Katesbes” is ʼn liedjie wat deur Fatman en Roux Cloete geskryf is en word opgedra aan al die pa’s met pragtige dogters. Oor die liedjie vertel Fatman: “Elke pa het natuurlik die vrees dat daar ʼn outjie vir sy dogter kom kuier, een wat nie jou goedkeuring wegdra nie.” Dit was met dié gedagte dat die liedjie “Tannie Katesbes” geskep is.

Ander liedjies wat uitgereik is, is Daniel Eeuwrick se “Afrika kind”, Alida Lief se “Boerecountry”, John Rock Prophet saam met Debbie K se “Die son en die maan”, Jacob Swann se “Is als beter?”, Shy! saam met Jan Bloukaas se “Blitse skugter”, Elandré se “In my oë”, Mionette se “Groenlig”, Anya Swart se “Hartenbos”, Tian Nienaber se “Hemel se deur”, Tertius Rooi se “Koffie”, RAAF se “Nog ʼn plek aan my tafel”, Phillip se “So gevoel” en Stiaan Reynierse saam met Dozi se “Sprokie vir ʼn stadskind”.

 

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.