Hier is Maroela Media se Top-40 Afrikaanse liedjies van 2023!

Appel. (Argieffoto: Theana Breugem)

Appel het vanjaar weer behoorlik koning gekraai op ons eie trefferparade, en hy neem weer die topposisie in op Maroela Media Afrikaanse Top-40 liedjies van 2023. “Foute” het vanjaar 11 weke lank die nommer-een-plek behou.

Alternatiewe Afrikaanse musiek het vanjaar ook behoorlik geseëvier met Die Piesangskille wat soos ʼn dief in die nag op die musiekfront verskyn en groot sukses met liedjies soos “Inge 2”, “Lyntjie”, en “Mal Maandagaand” behaal het. Hulle betree dié Top-40 lys op nommer twee.

Nog ʼn paar kunstenaars wat vanjaar uitgestaan het, was Chris Steyn, die wenner van die sangtalentkompetisie, Die Kontrak 3, Riaan Benadé wat sy nuwe album vanjaar bekendgestel het, Eloff en Barto.

Met vanjaar se Rugbywêreldbeker was Leon Schuster se “Die Bokmasjien” gewild en in die kol. Die lied het wel eers behoorlik momentum gekry toe die Springbokke nader aan die eindstryd gekom het. ʼn Ander lied wat net-net nie die Top-40 lys haal nie is Loufi se “Bokke” wat ook tydens die Rugbywêreldbeker aandag geniet het.

Hier is vanjaar se Top-40 liedjies:

1. Appel – “Foute”
2. Die Piesangskille – “Inge 2”
3. Barto – “Impulsief”
4. Bernice West – “Lyfie”
5. Riaan Benadé – “Boksemdais”
6. Leon Schuster – “Die Bokmasjien”
7. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
8. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
9. Eloff – “Koue kole”
10. Riana Nel – “Wat nou?”
11. Die Piesangskille – “Lyntjie”
12. Eloff – “Vlerke”
13. Dodo Nyoka – “Foto’s”
14. Barto – “H2Oë”
15. Prop – “Kwaaitjie”
16. Wilma van Heerden – “Sysoen”
17. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
18. Droomsindroom – “Dans alleen”
19. Chris Steyn – “Helemal”
20. Eloff – “Swipe regs”
21. Juan Boucher saam met Tasché – “Suid”
22. Droomsindroom – “Ek ly aan”
23. Barto – “Vlam in die wind”
24. Die Piesangskille – “Mal Maandagaand”
25. Dodo Nyoka – “Frikkie vir ʼn rukkie”
26. Jay – “Stoutgat”
27. Appel – “Diana”
28. Tasché – “Sal jy vir my wag”
29. Elandré – “Asseblief”
30. Karlien van Jaarsveld – “Als is okey”
31. Barto saam met Marissa – “Ons twee genoeg”
32. Ricus Nel – “Khaki”
33. Ruhan du Toit – “Stockholmsindroom”
34. Rooksein – “Hey jy”
35. Janie Bay saam met Elandré – “Die einde”
36. Brendan Peyper – “Nee of ja”
37. Bobby van Jaarsveld – “Toe, nou en altyd”
38. Zaan Sonnekus – “Monitor”
39. Nicholis Louw – “Cocopop en kaas”
40. Elvis Blue – “Hart van klip”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.