Innibos-kaartjies vir die Kerskous

Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela (Nelspruit) is elke jaar ʼn trekpleister vir duisende feesgangers. Vanjaar het dié gewilde fees ʼn nommerpas Kersgeskenk vir feesgangers wat die kunstefees aanstaande jaar wil bywoon.

Weekkaartjies vir toegang tot die feesterrein kan van vandag reeds gekoop word. Teen slegs R550 per weekkaartjie kry jy vier dae se feesgenot met kunstenaars soos Jo Black, Bok van Blerk, Juanita du Plessis, Riana Nel, Elandré en vele meer op die Standard Bank-hoofverhoog.

Alle ander kuierverhoë, kosstalletjies, Bosmôl en die kindervermaak by Woelwaters is alles ingesluit by die toegangsprys.

“Die tema vir volgende jaar se kunstefees is ‘Nommerpas’ en in daardie gees wil ons graag feesgangers ruim tyd gee om hul feesbegroting te laat klop,” sê Sandra Jacobs, media- en bemarkingsdirekteur van Innibos.

Om dié spesiale aanbod te benut, gaan na Innibos se Facebook- of webblad (www.innibos.co.za) en kliek op die skakel om die spesiale Kersfees-geskenkbewyskaartjies te koop.

Hierdie aanbod geld slegs vir die weekkaartjies. Verkope van die ander feesterreinkaartjies sal vroeg aanstaande jaar open.

Innibos vind plaas van 24 tot 27 Junie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.