Irene-Louise, Riaan Benadé en Tasché kuier boaan Top-20

Op die stel van ‘Tekkies brand’ se musiekvideo. (Foto: Jorietha Rabie Photography)

In hierdie week se nuwe musiek skryf Stefan Jansen in sy jongste lied “Suikerbos” hoe ʼn mens nie altyd geluk op ’n reguit pad vind nie. Hy moedig die luisteraar aan om dit te vind voordat dit by jou verby gaan.

Kate Rock, ’n veelsydige musikant en liedjieskrywer van Clarens in die Vrystaat, het onlangs haar nuutste enkelsnit, “Maangenade”, bekendgestel. Volgens haar gaan die lied oor hoe nietig die mense is in vergelyking met die grootsheid van die skepping. Dit is nostalgies, maar ook modern en uniek en kombineer lekkerluister kampvuurmusiek met dramatiese elemente om ʼn reënboog van klanke te skep, sonder reëls.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week uitgereik is, is Horison SA se “Sonder jou”, Christiaan Baartman se “Stof”, Deon Meiring se “Soos ’n spin-nerak” en Revelation Enterprise met “Ek sal sing”, ’n Afrikaanse gospellied.

Luister na Maroela Media se speellys vir nuwe musiek op Spotify:

Kyk hier na Kate Rock se musiekvideo:

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Irene-Louise van Wyk kraai steeds koning op die Top-20 danksy haar posisie wat steeds onveranderd is op stroomdienste.

Georic Lomas betree die week se Top-20 na ’n suksesvolle enkelsnit uitreiking. Die liedjie word tans gereeld op aanlyn musiekdienste gestroom.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar nege snitte wat styg, vyf wat daal, vyf wat die week onveranderd bly en een nuwe lied wat die week se treffersparade betree.

Kom luister na die speellys vandeesweek se Top-20 op Spotify:

Top-20:

1. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
2. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
3. Tasché – “Baby, ek bly”
4. Appel – “Dina ”
5. Bernice West – “Hemel op aarde”
6. Rooksein – “Damlelielief”
7. Appel – “Boerenooi”
8. Riaan Benadé – “Spontaan”
9. Reën – “Vrystaat vlaktes”
10. Kurt Darren – “Blok party”
11. Francois van Coke – “Ons het gewen”
12. Steve Hofmeyr & Touch of Class – “’n Pa se hart”
13. Dirk van der Westhuizen – “Roekeloos”
14. Elvis Blue – “Meer as genoeg”
15. Brendan Peyper – “Warm nog op”
16. Bernice West – “Sonop-blom”
17. Jan Jan Jan met Liezel Pieters – “Spyskaart”
18. Neil Somers – “Jy is water”
19. Spoegwolf – “Silwer”
20. Georic Lomas – “Lentekind”

Kyk hier na Irene-Louise van Wyk se musiekvideo:

  • Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeel-tyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.