Jo Black maak geskiedenis op Afrikaanse Top-20

GospelSKouspel-2017_-Joe-Black-2.jpg

Jo Black tydens Gospel Skouspel in 2017 (foto: lightlounge.co.za)

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat klim, 12 wat terugsak en een wat onveranderd bly. Daar is ook drie liedjies wat die Top-20 betree.

Dit is ʼn eerste in Maroela Media se Top-20-geskiedenis dat ʼn kunstenaar die Top-20 betree in die no. 1-posisie. Jo Black het verlede week sy jongste enkelsnit, “Voel jy die genade”, wat deel is van sy tweede album uitgereik. Die album word in Februarie bekendgestel.

Die musiekvideo het reeds meer as 115 000 trefslae op YouTube en dit is ook die mees afgelaaide liedjie die afgelope paar dae op aanlynluisterplatforms.

Straatligkinders se nuwe enkelsnit, “Krake”, betree dié week se Top-20 in die no. 20-posisie.

  1. Jo Black – “Voel jy die genade”
  2. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  3. Refentse – “Liefdegenerasie”
  4. Jay & Lianie May – “Siekverlief”
  5. Manie Jackson – “Donker hart”
  6. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  7. Ivan Roux – “Daai ding”
  8. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  9. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  10. Refentse – “Reisiger”
  11. 4Werke – “Hart”
  12. Leah – “Ek mag jou mis”
  13. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  14. Tarryn Lamb – “Vier woorde”
  15. Straatligkinders – “Wonder”
  16. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
  17. Jay – “Lê ’n bietjie langer”
  18. Vernon Barnard – “Soekhart”
  19. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  20. Straatligkinders – “Krake”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lienkie ·

Beautifull!!! Jo Black jy is ‘n voorbeeld vir baie mense en een van ons beste kunstenaars!

brens ·

Jo is absoluut fantasties!! wat n man!! met n stem wat bekoor.

Marilette Dinkel ·

Wanneer die Here in beheer van jou pad is, dis dan wanneer rekords gebreek word.
Gebed + Geloof + Gehoorsaamheid = Genade en Sukses

Z ·

…eerste keer dat n kunstenaar die Top 20 betree in die eerste posisie…
MM. Kyk net weer, asb. Of is ek bietjie dom?

Pieter ·

Hi julle,

Alhoewel Jo Black vantevore op die Top 20 verskyn het, is dit die eerste keer dat ‘n kunstenaar direk op nommer 1 die Top 20 betree (eerste verskyning maak). In die geval is dit Jo Black met sy nuutse enkelsnit wat Vrydag vrygestel was. Hoop dit maak sin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.