Justin Bieber se konserte in SA amptelik geskrap

Justin Bieber. (Foto: Dimitrios Kambouris/Getty Images/AFP)

Dit is nou amptelik: Justin Bieber se Justice World Tour-konserte is Woensdag gekanselleer en die popster sal waarskynlik nie gou weer ʼn draai in Suid-Afrika maak nie.

Bieber sou op 28 September 2022 by die DHL-stadion in Kaapstad opgetree het en op 1 Oktober by die FNB-stadion in Johannesburg. Dié konserte is egter amptelik geskrap.

Big Concerts, die organiseerder van die konserte, het intussen in ʼn verklaring beloof dat diegene wat kaartjies vir die geleenthede gehad het, ten volle daarvoor vergoed sal word.

Bieber het in Junie vanjaar onthul dat Ramsay Hunt-sindroom by hom gediagnoseer is. Dié sindroom het gedeeltelike gesigsverlamming by die 28-jarige sanger veroorsaak.

Ná die diagnose het hy ʼn blaaskans van sy wêreldtoer geneem en die res van sy vertonings in die VSA uitgestel.

Hy het egter teruggekeer verhoog toe vir die Europese been van sy toer, hoewel hy ná slegs ʼn maand besef het dat hy nog rus nodig het.

Bieber het ʼn aankondiging oor sy besluit vroeër in ʼn Instagram-plasing gemaak.

“Nadat ek gerus het en met my dokters, familie en span beraadslaag het, is ek Europa toe in ʼn poging om die toer te voltooi.

“Ek het ses vertonings gedoen, wat sy tol geëis het. Verlede naweek het ek by Rock in Rio opgetree en alles moontlik gegee vir die mense in Brasilië,” het die plasing gelui.

ʼn Moegheid het die popster glo ná afloop van dié vertoning oorval en hy het besef dat ʼn blaaskans nie meer onderhandelbaar is nie.

“Dankie vir julle gebede en ondersteuning deur alles! Ek is lief vir julle!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ES ·

Ek hou nie baie van hom nie, maar dis darem maar tragies dat hierdie sindroom by hom gediagnoseer is. Dis niks lekker nie!

Chantel ·

Bells-sindroom word deur presies dieselfde virus veroorsaak. Dit kos baie gedult en fisio om die gesigspiere te oefen en te herstel en as mens dit nie vinnige optel en behandel nie, is ek bevrees is dit blywend. Beter dat hy na sy gesondheid omsien.

Truth2bfree ·

“We found an increased risk of Bell’s palsy following CoronaVac vaccination” – Study by National Library of Medicine

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.