Karlien betree Top-20 na lang stilte

Na ’n lang stilte betree Karlien van Jaarsveld die week se Top-20 met ’n nuwe lied, “Stiltes”. Elvis Blue en Snotkop maak ook hulle toetrede tot die Top-20 met “Langpad alleen pad”.

Bok van Blerk maak weer sy verskyning in die nr. 1-posisie met “Was”. In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, tien wat daal, twee nuwe liedjies wat die week se Top-20 betree en twee wat onveranderd bly.

  1. Bok van Blerk – “Was”
  2. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  3. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  4. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  5. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  6. Appel – “Nonna”
  7. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  8. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  9. Robbie Wessels – “Legendes”
  10. Leah – “Kyk na my”
  11. Elvis Blue – “Beloofde land”
  12. Robbie Wessels & Appel – “Staan saam”
  13. Posduif – “Laat val die water”
  14. Francois van Coke ft Spoegwolf – “Dagdrome in suburbia”
  15. JohnJames – “Ek is meer werd”
  16. Elvis Blue ft Snotkop – “Langpad alleen pad”
  17. Jan Jan Jan – “Wys jou vleis”
  18. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  19. Biggy – “Dames”
  20. Tasché ft Francois van Coke – “Vier seisoene kind”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Siener ·

Jy is seker ‘n blou bul. Hou op huil.
Ons Vrystaters hou van haar.

Carlien ·

Ek is mal oor die liedjie!!! Ek is n groot Karlien-aanhanger, sy sing pragtig!! Ek koop haar Cd’s en ondersteun haar 100 persent!

Gert van Wierdapark ·

Sy is van die sexy-ste vrouens in SA – “Finish en Klaar”!!!

EO ·

Hou asb julle negatiewe en vieslike kommentaar vir julle self. Julle hou nie van haar nie, maar lees tog die berig?????? Gelukkig dwing niemand julle om na haar musiek te luister nie, of om haar op sosiale media te volg nie. Mooi so, Karlien, hou so aan. Moet jou nie aan die spul jaloerse klomp negatiewe mense steur nie. hulle het niks om te doen nie, behalwe om berigte te lees en negatiewe kommentaar te lewer.

Apools ·

Sjoe mense is nou amper te bang on iets te se. Vieslik? Jy het duidelik nog nie vieslik gesien nie.

Sê net ·

Ek is veel eerder ‘n Karlien aanhanger as ‘n Steve aanhanger. Sy en Bobbie het goeie harte!

Jax ·

Gaaaaaaaap
Daar is min mense op daai treffers lys wat regtig kan sing. Alles bubblegum musiek. Kou en kou en kou op dieselfde reël.
Verstommend wat “sangers” Sal doen om publisiteit te kry. Ons sangers wat werklik kan sing, moet aan die agterspeen suig omdat die “skare” net doem doem doef doek kou kou musiek wil hoor.
Dis n skande dat ons as n nasie so laag gedaal het!
*ek is nie n ou dik Tannie nie maar eintlik die totaal teendeel

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.