‘Karoo Suite 2’ maak laaste buiging by KKNK

Deon Meyer en Coenie de Villiers. (Foto: Gareth van Nelson/rooi rose)

Karooliefhebbers en teatergangers kan op 8 en 9 April by die KKNK in Oudtshoorn vir oulaas na die bekroonde spanningskrywer Deon Meyer en musiekgenie Coenie de Villiers se Karoo Suite 2: Karoonagte kyk.

Coenie vertel aan Maroela Media dat hy en Deon gesamentlik besluit het om Karoo Suite-produksies ná die KKNK-speelvak te beëindig, maar nie voordat dit eers behoorlik afgesluit en gevier word nie.

Karoo Suite 2 is nog nie in die Karoo aangebied nie, wat eintlik ironies is aangesien dit eintlik as ʼn liefdesbrief aan die Karoo geskryf is,” vertel Coenie.

Coenie en Deon boei gehore al sowat ses jaar met hulle Karoo Suite-vertonings.

Ná die sukses van Karoo Suite in 2018 het gehore gretig uitgesien na ʼn opvolgproduksie deur Deon en Coenie, en so het Karoo Suite 2: Karoonagte die lig gesien.

Hierdie foto van ‘n kokerbooom tydens skemer is deur Sarel van Staden en Maryna Cotton geneem . Hulle is deel van die National Geographic-span. (Grafika: Verskaf)

Dit is ʼn voortsetting van hul ode aan die Karoo met Deon se roerende Karoo-verhale en Coenie se meesterlike musikale verwerkings. Hulle deel die verhoog met die kitaarspeler, Mauritz Lotz.

Die aanbieding word aangevul met foto- en videomateriaal van die Karoo-landskap wat deur die National Geographic-span en Amerikaanse Nasionale Lugvaart- en Ruimteadministrasie (Nasa) verskaf is, asook animasiewerk deur Diek Grobler.

Hierdie meesterlike produksies het verder tot twee gedenk-koffietafelboeke gelei, waarvan daar beperkte oplae gedruk is en wat tans uitverkoop en onbekombaar is.

Ter herdenking aan wat vir albei ʼn wonderlike ervaring was, wil Coenie en Deon twee getekende eksemplare van Ons Karoo, die tweede Karoo-koffietafelboek, vir die twee Maroela-lesers weggee wat kaartjies vir Karoo Suite 2: Karoonagte wen.

Coenie en Deon ken mekaar bykans 40 jaar en deel ʼn besondere liefde vir die Karoolandskap en sy mense.

“Die Karoo is vir my – en hoe ouer ek word, hoe meer is dit so – soos alles wat outentiek en eerlik in hierdie land is,” sê Coenie, en voeg spottend by: “Dit is ook vir my ʼn bietjie soos ʼn onaantreklike vrou met ʼn fantastiese persoonlikheid. Hoe langer jy haar ken, hoe mooier word sy, en dan, eendag, kyk jy na haar en sy is onweerstaanbaar.”

  • Kaartjies vir Karoo Suite 2: Karoonagte kos R240 (vooraf), R225 (Vriende van die KKNK) en R265 (by die deur), en dit is by Webtickets
  • Lees alle vorige artikels oor Karoo Suite op Maroela Media.

Skryf so in

Twee Maroela Media-lesers staan die kans om elkeen vier kaartjies te wen vir Coenie de Villiers en Deon Meyer se Karoo Suite 2: Karoonagte wat op 8 en 9 April by die KKNK in Oudtshoorn aangebied word. Die wenners sal elkeen ook ʼn getekende eksemplaar van Ons Karoo, Coenie en Deon se tweede Karoo-koffietafelboek, ontvang.

Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul en aan te dui vir watter vertoning jy in aanmerking wil kom.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 28 Maart om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit op Dinsdag 28 Maart om 23:45.
  • Wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind waarna Maroela Media met die wenner in verbinding sal tree.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op sosiale media en op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.
  • Die tye van vertonings wat deur die KKNK aangebied word, is onderworpe aan verandering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.