Kom maak die GrootJol in die Jakarandastad vol

Riaan Benadé en Demi Lee Moore op die stel van ‘Kannie sonder jou nie’. (Foto: Verskaf)

Op Saterdag 23 September kom van die land se grootste Afrikaanse kunstenaars soos Riaan Benadé, Appel, Ricus Nel, Bok van Blerk, Jay, Demi Lee Moore, Dodo Nyoka, Eloff, Lianie May, Karlien van Jaarsveld en Samantha Leonard by die Voortrekkermonument byeen om ʼn vertoning van ʼn leeftyd aan te bied.

Afrikaanse musiekliefhebbers in die Pretoria-omgewing wat dus van die buitelug, langarmdans, kosstalletjies en treffermusiek hou, kan gerus dié datum merk vir ʼn heerlike partytjie. By die laaste konsert van dié toer gaan feesgangers ook na afloop van die konsert saam met hulle gunsteling-GrootJol-kunstenaars die Rugbywêreldbekerwedstryd tussen Suid-Afrika en Ierland kan geniet.

Dit is die sesde GrootJol nadat dit vroeër vanjaar in Kaapstad afgeskop en duisende feesgangers in Kaapstad, Hartenbos, Port Elizabeth, Vanderbijl en Potchefstroom op hul voete gehad het.

Die GrootJol wat verlede jaar Desember in Hartenbos plaasgevind het, het derduisende mense op sosiale media laat gons en juis daarom is besluit om dié fees na die gehore te neem.

Appel (Foto: Theana Breugem/Flink-tydskrif/Argief)

Nou kan Pretorianers regmaak om onder die sterre te langarm, by die kosstalletjies te smul en hulle dors op die maat van hulle gunsteling-kunstenaars se treffermusiek te les.

Boonop staan elke kaartjiehouer van dié konsert ook die kans om in aanmerking te kom vir Afrikaans is Groot-kaartjies met eksklusiewe BBP-behandeling wat verblyf en ‘n spesiale toer agter die verhoog insluit.

Kaartjies is slegs by iTickets beskikbaar met 10% afslag sou jy oor WhatsApp deur die GrootChat koop – klik op dié skakel.

Daar is verskeie lekker aanbiedinge vir feesgangers wat nie op hulself laat wag nie: Die eerste 1 000 kaartjies kos slegs R250.

Sodra dié aanbieding verstryk sal kaartjies teen R295 beskikbaar wees.

ʼn Spesiale geleentheid

Ricus Nel (Foto: Verskaf)

Koop kaartjies vir die GrootJol in Pretoria op Saterdag 23 September en staan die kans om ʼn eksklusiewe BBP-ervaring vir ʼn groep van vier te wen by vanjaar se Afrikaans is Groot-konserte. Elke kaartjie is ‘n inskrywing en wenners word by die musiekfees op 23 September aangekondig. Dié ongelooflike pryspakket sluit in:

  • Kaartjie na ʼn Afrikaans is Groot-konsert in Pretoria.
  • Agter-die-verhoog toer voor die konsert.
  • Verblyf vir vier mense, twee dubbelkamers by City Lodge Lynnwood, met een ete ingesluit.
  • Wenners word in styl opgetel en na die konsert vervoer.

Kom maak die GrootJol in Pretoria vol en wei die lenteseisoen behoorlik in terwyl jy een van die grootste buitelugfeestoere in die land beleef. Wanneer gaan jy weer die kans kry om saam met die land se grootste kunstenaars rugby te kyk?

(Grafika verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.