Kurt se liedjie oor Dricus betree Top-20

Kurt Darren. (Foto: Verskaf)

Kurt Darren se jongste uitreiking, “Hulle weet nie wat ons weet nie”, het na afloop van die gemengdegevegskunskampioen Dricus du Plessis se geskiedkundige oorwinning in Kanada, die Maroela Media Afrikaanse Top-20 betree in die 20ste plek.

Suid-Afrikaners was Sondagoggend oorstelp van vreugde toe Dricus die middelgewig-wêreldtitel in gemengdegevegskuns by die Amerikaanse Sean Strickland gewen het.

“Hulle weet nie wat ons weet nie”, Dricus se nou bekende woorde, het Kurt geïnspireer om dié liedjie te skryf.

Terwyl hy die liedjie geskryf het, het hy met Dricus geskakel en vir hom gesê: “Jy is ook nou ’n liedjieskrywer”. Hoewel Dricus nie saam met Kurt die liedjie geskryf het nie, het Kurt gevoel Dricus verdien ook om te deel aan die tantieme. Ná die naweek se groot oomblik vir Dricus, het dié liedjie se gewildheid die hoogte in geskiet.

Eloff se “Vlerke” bly egter vir eers in die nommer-een-posisie.

Daar is agt liedjies wat in dié week se Top-20 klim, een nuwe liedjie wat die treffersparade betree, ses wat onveranderd bly en vyf liedjies wat hulle plekke verloor.

1. Eloff – “Vlerke”
2. Demi Lee Moore – “Hart breek”
3. Die Piesangskille – “Inge 2”
4. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
5. Chris Steyn – “Helemal”
6. Riaan Benadé – “Boksemdais”
7. Bok van Blerk – “Dis raak”
8. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
9. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
10. Appel – “Buffels van Buffelfontein”
11. Elandré – “Asseblief”
12. Brendan Peyper – “Moegdans”
13. Droomsindroom – “Dans alleen”
14. Die Piesangskille – “Lyntjie”
15. Karlien van Jaarsveld – “Als is okay”
16. Barto – “H2Oë”
17. Appel – “Foute”
18. Eloff – “Koue kole”
19. Die Heuwels Fantasties saam met Werner van der Hoven – “Somer in my keel”
20. Kurt Darren – “Hulle weet nie wat ons weet nie”

Maroela se keuse:

Weekliks deel een van Maroela Media se joernaliste vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Leonie Bezuidenhout, vermaakjoernalis van Maroela Media, deel die topvyf Afrikaanse liedjies wat vandeesweek vir haar uitstaan.

1. “Hulle weet nie wat ons weet nie” – Kurt Darren
In die gees van die UFC-middelgewigkampioen Dricus “Stillknocks” du Plessis se geskiedkundige oorwinning die naweek in Kanada.
2. “Terapie vir nou” – Zaan Sonnekus
3. “Pietie Beyers” – Almero
4. “Kuslyn koors” – Aya Nixon
5. “Vergewe en vergeet” – Elandré en Die Melktert Kommissie

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.