Leah roep die meisies byeen op Top-20

Leah se splinternuwe enkelsnit, “Girls night”, is onlangs uitgereik en maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 17de plek. Sy het vroeër aan Maroela Media vertel die liedjie raak die behoefte aan dat almal tyd moet afstaan om hulle batterye ʼn bietjie te herlaai.

“Of dit nou in die werkplek of by die huis as vrou en mamma is – soms moet ons ʼn bietjie terugstaan en net weer onsself onthou,” het Leah gesê.

Appel se “Nonna” bly vir eers in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg en 10 wat daal, een wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit wat sy toetrede tot die Top-20 maak.

  1. Appel – “Nonna”
  2. Brendan Peyper – “Sterk soos ʼn leeu”
  3. Francois van Coke – “As ek kon”
  4. Bernice West – “Sonop-blom”
  5. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  6. Riana Nel – “Ewigheid”
  7. Loki Rothman – “Op my pad”
  8. Laudo – “Ek kan nie wag nie”
  9. Bok van Blerk – “Een”
  10. Tarryn Lamb & Willem Botha – “’n Liefde soos die”
  11. Kurt Darren – “Party tyd”
  12. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  13. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  14. Snotkop – “Pens & Pootjies”
  15. Ricus Nel met Snotkop – “Boerepompie”
  16. Juanita du Plessis – “Dis tyd”
  17. Leah – “Girls night”
  18. Biggy – “Dames”
  19. Appel – “F250”
  20. VirAnder – “Sing ’n Hallelujah”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.