Daniel Baron is eintlik meer bekend vir sy Engelse musiek, maar nadat hy onlangs ʼn kortspeler saam met die groep Adam uitgereik het, het hy besluit om sy eerste Afrikaanse enkelsnit bekend te stel. Volgens Daniel was dit nie maklik vir die Engelsman om in Afrikaans te skryf nie, maar dit het hom net weereens laat besef dat musiek ʼn universele taal is wat grense kan verskuiwe.
Esté Meyer Jansen het saam met Daniel in Maroela Media se ateljee gekuier en meer oor die man agter die liedjie Hart te wete gekom, asook dat sy gunsteling Afrikaanse woord aartappelskyfies is.